Inwoners mág nog om reispermitte aansoek doen
Adolf Kaure op Swakopmund – ’n Kennisgewing op ’n venster van ’n Swakopmundse polisiekantoor is Saterdag verwyder nadat dit inwoners verwar het wat om reispermitte wou aansoek doen.
Luidens dié kennisgewing sou geen permitte voortaan uitgereik word nie. “Die publiek word aangemoedig om tuis en veilig te bly, dankie.”
Me. Hannelie Horn Turner, ’n gefrustreerde inwoner, het haar misnoeë in die Facebook-groep “Namibian United against Lockdown” te kenne gegee. “Dié kennisgewing is vanoggend, 1 Augustus, op die venster van die Swakopmund-polisiekantoor ten toon gestel. Ek veronderstel dit beteken ons is nou amptelik gevangenes.”
Sy het haar ook tot Erongo 24/7 se Facebook-blad gewend om te benadruk hoe ongelukkig sy is. Volgens haar het sy omstreeks 09:50 op daardie dag die kennisgewing op die venster aangetref.
Die kennisgewing is later deur ’n polisiebeampte aan diens verwyder.
Sy het op voorwaarde van anonimiteit gesê die inhoud in die kennisgewing is nie meer geldig nie en dat inwoners wel om reispermitte aansoek mag doen. “Die kennisgewing is vroeër vanjaar teen die venster geplak en is oud. Dit is nie veronderstel om meer daar te wees nie; so, laat ek dit nou verwyder.”
Insp. Ileni Shapumbu, gemoeid met gemeenskapsake in die Erongostreek, het by navraag bevestig Swakopmund-inwoners mág aansoek doen om uit die dorp te reis. “Daar bestaan nie so iets nie (reisverbod). Ons reik steeds reispermitte streng volgens wet uit.”
Pres. Hage Geingob het Vrydag by Staatshuis ’n beroep op Namibiërs gedoen om nie onnodig op reis te gaan nie.
Hy het dié beroep gedoen toe hy aangekondig het die Erongostreek bly in fase 3 en die res van die land in fase 4.
Die spesiale bedeling wat vir die plaaslike owerhede van Walvisbaai, Swakopmund en Arandis gegeld het, is eweneens steeds van krag.
Ofskoon die regime gisteraand om middernag sou verstryk het, het Geingob gesê die maatreëls om die verdere verspreiding van Covid-19 hok te slaan, word opnuut tot middernag op 31 Augustus ingestel.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie