Inwoners het so 'n brand sien kom

Heelwat herstel- en opknappingswerk is die afgelope weke aan die woonstelgebou in Londen gedoen wat verlede week deur 'n brand vernietig is.
Leanne George - 'Ek het my hele lewe voor my gehad. Ek wil nie doodgaan nie.” So het 'n 27-jarige Italiaanse argitek, Gloria Trevisan, in haar laaste telefoonoproep aan haar ouers gesê voordat sy in die vlamme gesterf het wat Woensdagoggend 'n woonstelblok in Londen verswelg het. Haar kêrel, Marco Gottardi, ook 'n 27-jarige argitek, is saam met haar dood. Die paartjie het na Londen getrek om beter salarisse te verdien. “Ek wou julle help. Dankie vir alles wat julle vir my gedoen het. Ek gaan nou hemel toe en sal julle van daar af help,” was Trevisan se laaste woorde aan haar familie, berig die Italiaanse nuuswebwerf La Repubblica.it.
Teen Vrydag het die Londense metropolisie op 'n mediakonferensie gesê minstens 30 mense wat in die Grenfell Tower-­gebou was, is dood en nog 70 word vermis. Die dodetal sal na verwagting verder styg wanneer die gebou deursoek word. Van die 78 mense wat in die brand beseer is, is 18 se toestand kritiek. Niemand wat op die boonste drie verdiepings was, het vermoedelik oorleef nie.
Die brand het ontstaan toe 'n Ethio­piese taxibestuurder se yskas op die vierde verdieping van die gebou aan die brand geraak het. Behailu Kebede het alarm gemaak toe hy agterkom sy kombuis op die vierde verdieping van die gebou is aan die brand. Hy het Woensdag skuins voor 1:00 aan sy bure se deure begin klop en hulle gewaarsku om te vlug. Binne 15 minute was al 24 verdiepings van die gebou in ligte laaie. Kebede kon ontsnap, maar volgens sy vriende sal dié ramp “vir ewig by hom spook”, berig Daily Mail.
Meer as 200 brandbestryders het ure lank gespook om die vlamme te blus. Christos Fairbairn (41) het aan die BBC vertel hoe hy gestruikel het oor lyke wat oral rondgelê het terwyl hy in die verstikkende rook probeer ontsnap het. 'n Man wie se bejaarde vrou aan Alzheimer se siekte ly, het in die hospitaal wakker geword en kon haar nêrens opspoor nie, berig The Telegraph.
Een van die inwoners wat saam met sy vriendin en hul dogtertjie kon ontsnap, het aan Sky News gesê daar is die afgelope weke heelwat herstel- en opknappingswerk in die gebou gedoen. Hy het gesê dit het gelyk asof daar aan die gaspype by die trappe gewerk word.
Die eerste slagoffer wie se naam bekend gemaak is, Mohammed Alhajali (23), het uit Sirië na Londen gevlug. Hy het ingenieurswese gestudeer. Sy broer, Omar, het aan die BBC gesê daar was 'n gaslekkasie by die gebou, maar die maatskappy wat dit probeer regmaak het, het nuwe pype aan die buitekant van die mure geïnstalleer.
Die amptelike oorsaak van die brand is nog onbekend, maar daar is vrae oor £10 miljoen (sowat R164 miljoen) se opknappingswerk aan die gebou wat verlede jaar afgehandel is.
Luidens talle berigte bespiegel brandkenners dat aluminiumpanele, wat aan die buitekant van die gebou aangebring is, die brand na die boonste verdiepings kon gelei het.
Intussen loop die Britse premier, Theresa May, deur onder die kritiek omdat sy kil opgetree het met haar besoek aan die toneel en nie met slagoffers gepraat het nie. Haar verskoning is veiligheidsredes, berig The Independ­ent. Koningin Elizabeth II en haar kleinseun, prins Wil­liam, die hertog van Cambridge, asook May se vernaamste teenstander, die Arbeiders se leier, Jeremy Corbyn, het die slagoffers besoek en meegevoel betoon.
May, wat deur die media “The Maybot” gedoop is oor haar kil houding, het 'n kommissie van ondersoek na die oorsaak van die brand aangekondig toe dit aan die lig kom owerhede is voorheen oor die aluminiumpanele gewaarsku.
Inskrywings op die Grenfell Action Group se blog lui dat inwoners die owerhede al jare lank waarsku oor 'n brandgevaar. Dié aksiegroep is al in 2010 op die been gebring.
“Al ons waarskuwings het op dowe ore geval en ons het voorspel 'n ramp soos dié is onvermydelik,” lui Woensdag se inskrywing. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%