Inwoners behou hul stuk grond
''n Onwettige heining wat by Oshana sheTemba opgerig is, moet verwyder word.
Catherine Sasman - 'n Jarelange geskil oor ''n stuk grond van 3 600 hektaar by Oshana sheTemba is verlede week deur die hoërhof besleg en sodoende tot ''n einde gebring.
Die geskil het ontstaan oor die onwettige heining wat opgerig is deur ''n hoofman van die Ompugulu, mnr. Petrus Kalekela, en sy vrou,Beata, wat ook na bewering inwoners met afsetting gedreig het.
Regter Shafimana Ueitele het verlede week die Kalekela-egpaar verhoed om inwoners van hul grond af te sit en hulle verder verbied om in te meng met die inwoners se reg om op kommunale grond te woon en hul diere daar te laat wei.
Die egpaar is vanaf die uitspraakdatum op 6 Desember drie maande tyd gegun om die heining te verwyder wat hulle rondom die area gespan het.
Die stryd oor die grond het in Julie 2014 begin toe die Kalekela-egpaar probeer het om mnr. Erastus Naango van grond af te sit wat hy sedert 1992 met die toestemming van wyle hoofman Toteya Willibaard Mwandingi bewoon het.
Naango het in sy hofaansoek gesê die Kalekela-egpaar het in 2005 in die omgewing aangekom en daarna begin om ''n sinkhuis op die kommunale grond op te rig voor hulle weer weg is. Hy het gesê die huis het tot hul terugkoms in November 2013 leeg gestaan waarna hulle ook 3 600 ha van die grond omhein het.
Bekommerd oor dié situasie, het mnr. Reinhold Asheela in Februarie 2014 ''n oudiënsie met koning Immanuel Kaulume Elifas van die Aandonga-stam aangevra. Dié poging is blykbaar deur mnr. Jospeh Ashino van die Ondonga tradisionele raad en ook die koning se sekretaris gefnuik.
In dieselfde maand het die Kalekela-egpaar briewe aan inwoners gestuur wat rondom Oshana sheTemba woon, waarin hulle beveel is om die gebied te verlaat. Die egpaar het teen April 2014 die hele gebied omhein, wat sommige nedersettings ingesluit het.
Met waterpunte buite die omheinde area, het die Kalekelas ook hekke by sommige plekke langs die heining aangebring, maar die beweging van beeste na die waterpunte is belemmer en inwoners het dit moeilik gevind om hout te bekom.
Die applikante het in Maart 2014 regsadvies by die Regshulpsentrum ingewin om die Kalekelas se onwettige heining te laat verwyder. Toe die egpaar teen Julie daardie jaar nie gereageer het nie, is ''n regsgeding ingestel.
Me. Kalekela het in ''n opponerende beëdigde verklaring beweer haar man is reeds in Maart 1986 ''n boerderygebied deur Mwandingi toegeken. Sy het gesê die grond wat aan haar eggenoot toegeken is, is nie deel van die kommunale grond nie, maar ''n “boerdery-area” en dat die toekenning aan haar man deur die Ondonga tradisionele owerheid bevestig is.
Sy beweer Naango en ander het in 1990 en 2005 begin inbreuk maak op dele van hierdie boerderygebied. Sy het erken hulle het in 2005 begin om heinings op te rig, maar het ontken dat enige nedersettings omhein is.
In sy uitspraak het regter Ueitela gesê kommunale grond behoort aan die staat en moet behoue bly tot voordeel van tradisionele gemeenskappe wat in daardie gebiede woon.
Hy het beklemtoon dat die Kommunale Grondhervormingswet van 2002 die oprigting van nuwe heinings sonder behoorlike magtiging verbied – ''n nuwe reëling wat op 1 Maart 2003 in werking getree het.
Voorts beperk die wet die grootte van toekennings tot 20 hektaar vir woongrondregte en 50 hektaar vir ''n boerdery-eenheid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie