Invoere uit Vrystaat stopgesit weens slenkdalkoors
Invoere uit Vrystaat stopgesit weens slenkdalkoors

Invoere uit Vrystaat stopgesit weens slenkdalkoors

Ronelle Rademeyer
Die invoer van vee op die hoef uit die Vrystaat-provinsie in Suid-Afrika, is weens die uitbreking van slenkdalkoors opgeskort.
Volgens 'n verklaring Maandag deur die hoof-veeartsenybeampte by die direktoraat veeartsenydienste, dr. Milton Maseke, in die invoer van alle herkouers uit dié provinsie is terugwerkend tot 14 April opgeskort. Dit beteken invoerpermitte wat sedert daardie datum uitgereik is, word met onmiddellike effek herroep en gekanselleer.
Slenkdalkoors is 'n virussiekte wat deur muskiete aangedra word. Dit kan ook mense aantas. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-08-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer