Invoer van sekere wildspesies dalk verbied
Invoer van sekere wildspesies dalk verbied

Invoer van sekere wildspesies dalk verbied

Die minister van die omgewing en toerisme oorweeg 'n verbod op die invoer van party groot karnivore en ander diere na Namibië.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Die ministerie van die omgewing en toerisme doen 'n beroep op die publiek om insette te lewer oor sekere wildspesies wat moontlik nie meer na Namibië ingevoer mag word nie.

Ingevolge artikel 49 van die Natuurbewaringsordonnansie van 1975 (No. 4 van 1975), soos gewysig deur die Natuurbewaringwysigingswet van 2017 (No. 3 van 2017), het die minister die mag om 'n verbod op die invoer en uitvoer van enige lewende wildspesies na en van Namibië te plaas.

“Volgens hierdie bepaling oorweeg die minister om 'n verbod te plaas op die invoer van sekere groot karnivore en wildspesies na Namibië,” lui 'n kennisgewing van die ministerie van die omgewing en toerisme aan die publiek.

Me. Elly Hamunyela, die direkteur van wetenskaplike dienste in die ministerie, het 'n beroep op die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE) gedoen om die kennisgewing aan sy lede te versprei.

Die verbod raak spesies wat inheems aan Namibië is en algemeen voorkom soos leeus, luiperds, jagluiperds, krokodille (in aanhouding geteel), duikers, elande, olifante, kameelperde, wildehonde, hartebeeste, koedoes, gemsbokke, volstruise, springbokke en steenbokke.

“Hierdie spesies kom volop in die land voor. Daar is dus geen behoefte om enige van hierdie diere in te voer en daardeur 'n risiko van siektes vir ander rasse in die land te skep nie. Deur nie verskillende rasse te meng nie, sal dit bydra tot biodiversiteitbewaring,” lui die kennisgewing.

Spesies wat nog nooit in Namibië voorgekom het nie of net in lae getalle voorkom, se invoer sal as gevolg van bewaringsredes nie toegelaat word nie. Dit sluit in die bontebok, bosbok, bergrietbok en alle kleurvariante.

“Die Kaapse bosbok, byvoorbeeld, verhoed ons om die Chobe-bosbok van die Zambezi op kommersiële plase te vestig. Net so dra die bekendstelling van kleurvariante weens mutasies 'n risiko van genetiese kontaminasie en moet dit dus nie toegelaat word nie,” lui die kennisgewing.

Inheemse spesies (of naby inheems) van Namibië mag ook nie uitgevoer word nie. Dit sluit in die swartgesig-impala, Hartmann-sebra en Damara dik-dik.

Spesies wat as vreemdeling-­indringers beskou word, mag ook nie ingevoer word nie. Dit sluit in alle soogdiere, reptiele en voëls (buiten budjies, kokketiele en parakiete wat in aanhouding geteel is, en volstruise wat in omheinde gebiede gehou word) wat nie inheems aan Namibië is nie. Dit sluit ook in alle akwatiese gewerweldes of ongewerweldes wat 'n bedreiging vir enige rivier, rivierstelsel of verwante biodiversiteit inhou.

“Hierdie tipe invoere dra die risiko van die oordraging van eksotiese siektes, asook genetiese besmetting, en in die geval van roofdiere is dit 'n gevaar vir die publiek. Dit sluit in alle soorte katfamilies, eksotiese primate, eksotiese reptiele en alle wilde diere wat in aanhouding geteel is. Dit sluit ook alle wilde diere in wat volgens die ministerie van landbou, water en bosbou 'n siekterisiko vir inheemse spesies inhou.

Spesies wat 'n risiko vir genetiese kontaminasie van inheemse wilde diere inhou, sal ook verbied word.

Insette moet teen 11 Desember na [email protected] of [email protected] gestuur word.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A