Investering in eiendomme styg skerp
Ondanks uitdagende ekonomiese omstandighede, geldeenheid-wisselvalligheid en politieke onsekerheid, was investering in die Suid-Afrikaanse kommersiële eiendomsmark in 2016 55,2% of R28,8 miljard hoër as in 2015, blyk uit JLL SSA se nuwe eiendomsoorsig.
Hoewel portefeuljeverkope, onder meer aankope deur Tradehold, Imbali Properties, Delta en Mendo, beduidend tot die groei bygedra het, het investering steeds teen 'n eksponensiële 28,0% toegeneem as die Tradehold-transaksie uitgesluit word, sê JLL SSA.
Zandile Makhoba, JLL SSA se hoof van navorsing, sê die groei in eiendomsinvestering in 2016 is die hoogste die afgelope vyf jaar. Sy meen dit dui daarop dat beleggers waarde in bestaande bates sien.
Sy wys daarop dat die groei in nuwe kommersiële ontwikkelings die laaste paar jaar afgeplat het, wat sal help om 'n potensiële ooraanbod te voorkom, wat huurgroei sal demp.
Beleggers sal eerder bestaande geboue opgradeer en so waarde ontsluit as om nuut te bou, sê sy.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie