Invalshoek - Wysheid met die grysheid
Rudi Koekemoer - Wêreldwyd het die gemiddelde ouderdom van mense begin toeneem weens verbeterde mediese innovering en dienste, kwaliteit lewensomstandighede- en -style, verhoogde per capita inkomste en verskeie ander faktore.
Die Verenigde Nasies het beraam sowat 8,5 persent (617 miljoen) van die wêreldbevolking sal in 2016 reeds 65 jaar en ouer wees. Die groep sal na beraming teen 2050 sowat 17 persent (1,6 miljard mense) beslaan.
‘n Meer onlangse verslag het aangedui daar is tans sowat 300 000 mense in die wêreld wat 100 jaar en ouer is. Die groep sal tot 2050 dramaties tot sowat 2,2 miljoen mense toeneem.
Lande wat teen 2050 die meeste burgers in hierdie ouderdomsgroep sal hê, is China (472 000), die VSA (298 000), Japan (272 000) en Indië (111 000). Japan sal 2,6 mense vir elke 100 mense in hierdie besonderse ouderdomsgroep hê. Tans word voorspel die eerste groep mense wat 150 jaar of ouer sal word, is reeds gebore.
Om hierdie rede oorweeg baie lande in die wêreldlande tans om wetlik voorgeskrewe aftreeouderdomme te verhoog. Baie groter finansiële druk sal op ekonomieë geplaas word om na soveel pensioenarisse om te sien.
In statistiek word verwys na die "oumens-afhanklikheidsverhouding", wat aandui wat die verhouding is tussen afgetrede mense (65 en ouer, volgens die meeste lande) en werkende mense.
Tans het 'n beraamde 28 persent van mense in die wêreld reeds afgetree, maar die syfer kan teen 2050 tot 52 persent toeneem. In China was daar in 1996 statisties 7,7 mense vir elke 100 mense wat 65 jaar en ouer was. Die verhouding het teen 2015 tot 14,5 verdubbel. Dit verteenwoordig ‘n jaarlikse aanwas van 1,31 persent.
Die meeste ontwikkelde lande, byvoorbeeld Australië, België, Denemarke, Frankryk, Duitsland, Rusland en die VSA, om maar ‘n paar te noem, het reeds strategieë ontwikkel om die aftreeouderdom binne die volgende dekade na 67 te verhoog.
Daar is verskeie redes hiervoor, maar die vernaamste rede is sodat mense vir langer produktief kan wees en kan bydrae tot die ekonomie. Die meeste mense is nog baie gesond en vol lewenslus op die ouderdom van 60 tot 65 en daarom sal die meeste mense wat werksaam is in witboordjieberoepe hierdie beleidsverandering verwelkom.
Daar is nog uitlopende idees of daar onderskeid getref moet word tussen mense wat fisieke beroepe beoefen en witboordjieberoepe. Die algemene tendens is egter om die aftreeouderdom wêreldwyd te verhoog.
Namibië, hierteenoor, oorweeg dit om sy aftreeouderdom te verlaag. Onlangs was daar motiverings om dit tot 55 of selfs 50 te verlaag.
Ek is ‘n groot voorstander daarvan om die aftreeouderdom te verhoog, maar mense steeds die keuse van vervroegde pensioen te gun. Sommige mense sal wel vroeër wil aftree en toegang tot hulle pensioen kry om 'n bietjie die wêreld te gaan verken of om ‘n ander passie na te jaag. Ander sal weer veel eerder in die professionele wêreld wil aanbly as mentor vir die jonger geslagte.
Ek het opnuut verlede week lank aan die lippe van ‘n "Oom" gehang weens die passievolle manier waarop hy ‘n leeftyd se wysheid deel. Daar is eenvoudig geen plaasvervanger vir deurwinterde ervaring en wysheid wat oor ‘n leeftyd versamel is nie.
Dit is in die belang van die samelewing om die ouer garde betrokke te hou ná aftrede sodat al daardie wysheid wat met die grysheid kom jonger geslagte kan inspireer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie