Invalshoek - Verstaan ons persoonlike energie?
Rudi Koekemoer - Ek het Woensdag ‘n gesprek met ‘n Susan gehad wat vir my gesê het sy is tot in haar siel toe moeg.
Sy wil nie mense vir die volgende maand sien nie! Sy het bely: “Ons het die afgelope maand elke naweek funksies bygewoon, buiten vir werksverpligtinge. Ons het elke dag met mense te doen gekry en het net alleentyd nodig vir ‘n slag. Ek is moeg vir mense!”
Die gesprek het my laat dink aan Jan wat onlangs ‘n uitval met Sarel gehad het. Sarel kon nie verstaan dat Jan-hulle ‘n partytjie-uitnodiging van die hand kon wys nie.
Sarel is die teenpool van Susan. Hy hou van baie mense en aksie. Hoe woeliger dinge is, hoe beter, want hy word nooit moeg vir te veel mense nie. Hy is dán in sy element!
Ek is oortuig baie paartjies kan hiermee identifiseer. Groot konflik kan ontstaan wanneer een verkies om meestal alleen te wees en die ander wil die heeltyd uitgaan en kuier.
Daar is egter baie misverstande oor introversie en ekstroversie. Die meeste mense sal 'n introvert beskryf as iemand wat skaam en stil is en nie van mense hou nie. Ekstroverte is hierteenoor sjarmant, spontaan en lief vir mense.
Hierdie definisies is gedeeltelik waar, want die regte definisie het te make met energie; meer besonders: waar kry ek my energie vandaan? Hoe “energize” ek?
Introverte kry hulle energie deur tyd alleen te spandeer, waar daar nie te veel eksterne stimulering is nie, terwyl ekstroverte energie put uit eksterne stimulering en ander mense.
Daar is nie iets soos ‘n algehele introvert of ekstrovert nie, maar grade van beide. Alle mense het ander mense nodig, maar introverte het net baie minder mense- en eksterne stimulering nodig, juis omdat dit hulle moeg maak. Dit tap hul energie. Ekstroverte word weer moeg indien hulle vir lang periodes nie eksterne stimulering ontvang of met mense te doen kry nie.
Introverte is op hulle gelukkigste in ‘n stil, alleen omgewing waarin hul tyd het om te dink, boek te lees, televisie te kyk of doenig te wees met stokperdjies. Hulle verkies kleiner groepies mense of een-tot-een interaksie. Ekstroverte verkies die teenoorgestelde of stokperdjies wat ander mense insluit.
Daar is ‘n verskil tussen persoonlikheid en sosiale vaardighede. Introversie en ekstroversie is persoonlikheidskenmerke en bly konstant, maar almal kan sosiale vaardighede ontwikkel.
Dit is dus verkeerd om die stelling te maak dat introverte swak kommunikasievaardighede het, of skaam is. Ek ken baie introverte wat uitstaande kommunikasie- en sosiale vaardighede het; tot so ‘n mate dat hulle verkeerdelik as ekstroverte “geklassifiseer” word op grond van hul optrede.
Net so is daar baie ekstroverte wat swak sosiale vaardighede het en byna geen bydrae tot gesprekke lewer nie, maar altyd teenwoordig tussen mense is. Die enigste manier om vas te stel of iemand ‘n introvert of ekstrovert is, is om te kyk hoe hulle “energize”.
Ook die denkprosesse van introverte en ekstroverte verskil. Introverte het tyd nodig om ‘n saak goed op te weeg voordat hulle ‘n opinie sal lewer en hulle kan soms langer neem om ‘n besluit te neem. Ekstroverte dink terwyl hulle interaksie met ander mense het en neem soms impulsiewe, spontane besluite.
Die twee persoonlikheidstipes vul mekaar aan, want ekstroverte stimuleer die denke van introverte en gee vir hulle idees om te oorweeg alvorens hulle ‘n opinie lewer. Ekstroverte sal die idee baie goed aan belangegroepe kan verkoop.
'n Susan en 'n Sarel het dus unieke persoonlikhede en sal op verskillende maniere energie bekom. Hulle sal verskillend optree teenoor ander mense en op verskillende maniere inligting verwerk om tot ‘n besluit te kom. Indien ons die moeite doen om mekaar beter te verstaan en respek vir mekaar se persoonlikhede te ontwikkel, sal daar minder konflik wees en die samelewing sal gelukkiger wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie