Invalshoek - Persepsies van ruimte
Invalshoek - Persepsies van ruimte

Invalshoek - Persepsies van ruimte

Rudi Koekemoer
Rudi Koekemoer - Ons het Vrydagaand ‘n tafeltjie by die befaamde Stellenbosch Wine Bar bespreek om so 'n bietjie te ontspan na ‘n woelige week.

Daar aangekom het ‘n vriendelike kelnerin ons na ‘n tafeltjie begelei wat knus tussen verskeie plante en bome toegevou was, saam met ‘n paar ander tafeltjies. Sy het ons kersie en die gasverwarmer aangesteek waarna sy vir ons die spyskaarte aangebied het.

Daarna het die warm tuisgemaakte broodjies gevolg met egte plaasbotter. Ek het ‘n Beyerskloof 2017 Pinotage bestel saam met ‘n bottel Dorsland-water en toe die glasies geklink in afwagting op ‘n opwindende Julie-vakansie.

Terwyl ons die glasie rooiwyn geniet, let ek op dat dieselfde kelnerin ‘n paartjie na die tafeltjie langs ons begelei. Die man het vir ‘n oomblik stilgestaan en toe gevra of daar nie ‘n tafeltjie beskikbaar is wat nie so naby aan ander mense was nie. Hy wou aanvanklik hê dat die tafeltjie geskuif moet word waarna hy besef het dat al die tafeltjies so naby aan mekaar staan. Ek kon sien dat hy vir ‘n oomblik oorweeg het om ‘n ander eetplek te gaan opsoek.

Sy wederhelfte het hom egter aan die arm geneem en in sy oor gefluister, wat my laat besef het dat sy die besluit geneem het om ‘n tafeltjie heel op die punt te neem. Ek word toe bewus van die feit dat die stoele naby aan mekaar staan, maar dat dit nie vir ons sou gepla het nie.

Ons was al bevoorreg om verskeie wêreldlande te besoek in Europa, asook Hong Kong.

Hong Kong is een van die mees digbevolkte stede in die wêreld met 6 987 mense per vierkante kilometer. Daar woon meer as sewe miljoen mense in ‘n area wat 1 108 vierkante kilometer beslaan.

Ek het nog nooit in my lewe soveel mense gesien nie en het tydens ons eerste besoek aan Hong Kong besef hoe bevoorreg ons is om soveel oop spasies te beleef.

Die gemiddelde grootte van ‘n wooneenheid in Hong Kong is 45 vierkante meter. Huur kos sowat N$25 000 per maand. Daar woon egter gemiddeld drie mense per wooneenheid en dus kan hulle die kostes deel.

Maar dink bietjie daaroor. . . Indien daar drie mense in ‘n eenheid bly, moet elkeen N$8 300 per maand vir 15 vierkante meter betaal.

Ons het gaan muurbal speel by die Hong Kong Squash Centre wat oor tien muurbalbane beskik. Ek sal nooit vergeet hoe ek toe ons by die sentrum opdaag, gewonder het hoe daar tien bane op so 'n klein oppervlak kan wees nie. Ek het gou agtergekom hulle het twee muurbalbane bo-op mekaar gebou het.

Die mens se persepsie word gekondisioneer deur die geografiese gebied waar die mens woon. Namibië se bevolkingsdigtheid van 2,6 mense per vierkante kilometer staan in skrille kontras met Hong Kong.

Op ‘n stadium het ons muurbalklub dit oorweeg om nog twee bane aan te bou, maar ons het die oppervlak uitgemeet en besef dat daar nie genoeg spasie was nie. Die probleem was dat ons in horisontale oppervlakterme gedink het. Ons het nooit eers daaraan gedink dat ons boontoe kan bou nie.

Ons is so gewoond aan ruimte in Namibië dat ons ook in terme daarvan dink. In Hong Kong dink mense vertikaal, want daar is nie horisontale spasie beskikbaar nie. Hong Kong het die meeste wolkekrabbers in die wêreld met 317. Die stad met die tweede meeste, New York, het 257 toringgeboue.

Wanneer ons gaan visvang langs Hentiesbaai se strande word 'n mens ontsteld indien iemand nader as 300 meter van jou kom staan. "Daar is mos ‘n hele strand om te gaan staan, hoekom kom staan hulle hier bo-op ons?”

Ek dink tog dat ons nie aldag besef hoe bevoorreg ons is om so ‘n hoë kwaliteit lewe te geniet met soveel spasie nie.

Gaan sit maar op daardie stoel wat twee meter van die volgende tafeltjie staan en geniet daardie glasie merlot. Die meeste mense in die wêreld het nie daardie voorreg nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.08/OZ DOWN -0.0111 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 913.50/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 83.91/BBP DOWN -0.0044 | Platinum US$ 954.96/OZ DOWN -0.0006 Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.08/OZ DOWN -0.0111 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 913.50/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 83.91/BBP DOWN -0.0044 | Platinum US$ 954.96/OZ DOWN -0.0006