Invalshoek - Nekslag weens grendel se valbyl
Invalshoek - Nekslag weens grendel se valbyl

Invalshoek - Nekslag weens grendel se valbyl

Rudi Koekemoer
Rudi Koekemoer - Het jy al ooit 'n spaarbussie oopgebreek of rondgesnuffel in elke moontlike plekkie in die huis op soek na geld om melk en brood te gaan koop sodat monde gevoed kan word?

Ek is seker enigiemand wat hierdie gevoel ken, sal innige empatie hê met entrepreneurs wat die afgelope week 'n finale nekslag toegedien is toe nog 'n grendelperiode in die Erongostreek aangekondig is.

Ons het 'n paar dae voor hierdie aankondiging by 'n bekende restaurant in Swakopmund gaan inloer. Die eienaar het vir 'n tydjie by ons tafel kom staan en gesels.

Hy was baie verlig oor die feit dat hulle vir die eerste keer in maande weer 'n inkomste kan verdien. Hy het te kenne gegee dat hulle dit byna nie gemaak het nie en dat Fase 3 dit moontlik maak om asem te skep.

Die vorige dag het die onderneming groot aankope gedoen, met die hoop om van hul agterstand in inkomste in te haal.

Tot almal se skok is die hernude inperking twee dae later aangekondig. Die restaurant moes weer sy deure sluit, met groot hoeveelhede voorraad wat hy met sy laaste geldjies gekoop het om sy onderneming te probeer red.

Dit was die lot van net een onderneming. Die klaagliedere van honderde klein sakeondernemings kan in die gemeenskap gehoor word.

In Walvisbaai heers hernude, streng inperking reeds 'n week langer.

Die meeste mense voel die besluit maak nie sin nie, gegewe Namibië se lae infeksiesyfer en die feit dat die meeste mense reeds herstel het, terwyl ander asimptomaties is.

Verskeie lande met duisende infeksies en hoë sterftesyfers het besluit om weer hulle ekonomieë te aktiveer, omdat die negatiewe gevolge van inperking onberekenbare ekonomiese en maatskaplike skade sal aanrig.

Daar word voorspel meer mense sal van hongersnood sterf as weens ­Covid-19, weens inperkingsbesluite.

Baie mense in Namibië het reeds hul werk verloor of moes hul besighede se deure sluit, sonder enige ondersteuning van die regering. Mense staan letterlik en kyk hoe jarelange harde werk en drome aan skerwe lê omdat leiers nie kreatiewe en innoverende besluite tot voordeel van landsburgers kan neem nie.

Selfs al word die Erongostreek ingeperk, hoekom kan sakebedrywig­hede nie voortgaan nie - met sosiale afstand en streng reëls oor higiëne. Wanneer verspreiding in die gemeenskap bewys word, kan verdere optrede volg.

Hoekom 'n groot deel van 'n hele streek se ekonomie sluit omdat ­kwarantynvoorskrifte in enkele gevalle nie nagekom is nie? Alle inwoners – en die land – dra nou die bykomende las, of is dit 'n straf?

Wie gaan die entrepreneurs en hulle werkers help wat die knie moes buig weens hierdie besluite? Wie gaan hulle help om finansiële verpligtinge na te kom, om kos op die tafel te sit en om hulle kinders te versorg? Hulle situasie is immers nie weens hul eie toedoen nie.

Dit is te maklik vir politici en staatsamptenare, wat steeds 'n vaste salaris per maand verdien (met verligtings in rentekoerse en 'n verlaging in die brandstofprys), om verreikende besluite te neem wat ons knou.

Afleggings sal waarskynlik ook nooit in die staatsdiens, bekend vir sy swak diens, plaasvind nie, want vakbonde – die meeste onder die Swapo-sambreel – swaai die septer.

Ons staatshoof voer aan prestasiekontrakte het dienslewering verbeter, maar die stelsel geld nog net op die heel hoogste vlak, buiten vir die aanvegbaarheid van daardie prestasies?

Die knusste en lekkerste plek om nou te werk, is in die staatsdiens.

Daardie werkers is valslik geïnsuleer teen die skade en vrese waaraan die res uitgelewer is. Op die belastingbetaler se onkoste.

Die privaatsektor het nie hierdie voorreg nie. Leiers moet die gevolge ern­s­tig opneem voordat hulle potensieel lewensvernietigende besluite neem.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%