Invalshoek - Konsternasie oor kwarantyn
Rudi Koekemoer - Sweet slaan op my bo-lip uit en my keel trek toe wanneer ek net daaraan dink om positief vir Covid-19 te toets.
Sal ek dan na ‘n obskure plek weggevoer word om my tyd in kwarantyn uit te dien?
Ek het ‘n paar klippies in my skoen oor die kwarantynbesigheid.
Die afgelope tyd is berig oor irrasionele en byna onmenslike optrede wanneer kinders, ouers en geliefdes van mekaar weggeraap is om die 14 dae in haglike omstandighede deur te bring.
Ek het byna my kougom ingesluk toe die owerhede 'n tydjie terug die uitlating gemaak het dat hulle nog riglyne sou vrystel oor hoe Covid-19-gevalle hanteer moet word. Genade! Ek het nie geweet riglyne is nodig vir logiese, menslike optrede en respek teenoor medeburgers nie.
Dit gaan my verstand te bowe dat mense blykbaar geen keuse het waarheen hulle weggevoer gaan word nie. Indien jy na die land terugkeer, moet jy self vir die verblyf opdok - sonder 'n keuse oor waar?
Dit is iemand se demokratiese reg om self te besluit oor die fasiliteite indien jy self moet betaal.
Hoekom is die opsie van selfisolering of tuiskwarantyn nie uit die staanspoor toegelaat nie? Nie almal beskik oor die vermoëns of geriewe nie, maar hoekom is die opsie nie van die begin oorweeg nie?
Dit is nie volhoubaar om alle mense wat positief toets van hul private wonings na ander fasiliteite te verplaas nie. Wat gaan gebeur indien 200 000 mense (agt persent van die Namibiese bevolking) uiteindelik positief toets? Dit sal ‘n logistieke nagmerrie wees, om nie eens te praat van die koste vir die staatskas nie.
Indien 4 500 mense tot op datum in kwarantyn gehuisves was en dit kos ongeveer N$900 per dag, moes die staat N$56,7 miljoen hiervoor opdok. Indien 200 000 mense teen die einde van die pandemie gehuisves moet word, sal dit N$2,5 miljard kos. Die bedrag sluite mediese kostes en ander uitgawes uit.
Selfisolering en selfkwarantyn sal 'n enorme besparing teweeg bring vir ‘n land wat reeds op die afgrond van bankrotskap staan. Indien dit nie gebeur nie, kan 'n mens nie anders as om te spekuleer oor wie by hierdie besluit baat nie.
‘n Kritieke aspek wat herstel bespoedig, is ‘n persoon se sielkundige toestand. Indien ‘n siek persoon in ‘n omgewing geplaas word waarin daar min spanning is, hulle gesonde en gebalanseerde voeding ontvang en ondersteun word deur mense wat omgee en met deernis na hulle omsien, sal genesing vinniger plaasvind.
Kwarantynkonsternasies wat die afgelope tyd op die lappe gekom het, staan lynreg teen 'n empatieke en gesonde omgewing wat herstel bespoedig.
Die laaste klippie in my skoen het te make met die gevolglike vrese, wat mense ontmoedig om hulself vrywillig te laat toets. 'n Kennis het aan my opgemerk hy sal om die redes - en die moontlike trauma - toetsing weier.
Owerhede moet rasioneel en menslik optree en die magspel taak.
Dink aan ons landsburgers, die toekoms van ons land en nalatenskap. Mense sal altyd onthou hoe hulle in hierdie moeilike omstandighede hanteer is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie