Invalshoek - Kaalvoet weelde in Namibië
Rudi Koekemoer - Dit was 04:45 in Edinburgh toe ek wakker geskud is deur helder daglig wat deur die hotelkamer se vensters stroom.
Ek was vir ‘n oomblik deurmekaar en nie seker waar ek was nie. In Namibië sou ek eers 06:00 deur ‘n wekker wakker gemaak word en dan sou dit steeds donker gewees het.
Dit is byna ondenkbaar om reeds 04:45 in die oggend die ketel aan te skakel om die dag in te lyf met die eerste koppie “nylon” koffie. Mense gesels in die strate terwyl hulle wag vir die klein bakkery om 05:00 sy deure oop te swaai en mense te verwelkom om vars gebakte croissants te geniet.
Ons het deur die Royal Mile se strate gewandel en in verskeie unieke winkeltjies gesnuffel wat tot teen die dakke gepak was met allerhande toeriste-aandenkings. Unieke Skotse produkte soos kilts, sokkies, hoedjies, serpe, verskeie wolprodukte en enkelmout whisky, te kies en te keur, was te koop aangebied.
Ek het by die een winkeltjie ‘n produk geneem en na die verkoopsdame gestap om daarvoor te betaal. Oudergewoonte het ek my beursie uit my rugsak gehaal en dit oopgemaak.
Ek het vir ‘n oomblik na my koedoeleerbeursie gestaar, wat ek daagliks vir die afgelope tien jaar – indien nie langer nie - gebruik en die woorde “Shilongo Leather Works Namibia” gesien.
Dit het my opnuut aan die unieke karakter van ons pragland laat dink. Ons het nie kastele wat honderde jare oud is nie, maar ons het unieke natuurverskynsels soos die Namibwoestyn se rooi duine wat golf tot teen die Atlantiese Oseaan, die Skedelkus met al haar geheime, Sossusvlei met haar betowerende houtkuns, die Visrivierspoelvallei se ewigheid, die Etoshapanne se pêrels van wild, die Oranje met ‘n skatkis van diamante, die kragtige Kunene se Epupavalle en die Kavango wat die binneland voed. Ek dink aan al ons oop vlaktes en stilte waar mens een met die Skepper kan word. Dit laat dink my aan die konsep van kaalvoet weelde wat ons vir mense van alle uithoeke van die wêreld bied.
Dit het my ook laat nadink aan unieke Namibiese ervarings waarna ek smag wanneer ons in die buiteland rond rits. ‘n Geselligheid rondom ‘n kameeldoringhoutvuurtjie waarop ‘n rugtjoppie en kaasworsie voorberei word, is seker bo-aan my lysie.
Ons is tydens verskeie uitstappies deur toerleiers gevra waarvandaan ons kom. Ons kon telkens die verbasing op hulle gesigte sien wanneer hulle gehoor het dat ons van Namibië kom. Ek was verbaas dat hulle telkens geweet het waar Namibië is, want met ons vorige besoek aan Europa het weinig mense geweet dat daar ‘n land soos Namibië bestaan en ons land is telkens met Suid-Afrika verwar. Opmerkings het telkens oor ons natuurskoon en natuurlike hulpbronne gegaan.
Tydens ‘n trein-rit van Hull in Engeland na Edinburgh het ons by ‘n egpaar gesit wat in Tórshavn op die Faroe Eilande (deel van Denemarke) woon. Hulle was opgewonde toe hulle hoor dat ons van Namibië kom en het onmiddellik die opmerking gemaak dat ons mos ‘n groot visvang-nasie is. Daarna het ‘n gesprek oor hierdie onderwerp en ons onderskeie lande gevolg.
Na ‘n lang dag van rondstap en snuffel deur die Skotse geskiedenis het ons ‘n wegneemete gekoop en bietjie gaan stilte opsoek in ons hotelkamer. Ons het vir ‘n lang tyd net stil gesit en eet, waarna ons beide erken het ons mis die kaalvoet weelde van ons land.
Dit het tyd geword om huis toe te gaan en ‘n tjoppie op die kole te gooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie