Invalshoek: 'Geld groei nie aan bome nie'
Rudi Koekemoer - Ek en Pa sit op die stoep van die see en gesels oor bekende mense wat onlangs hulle werk verloor het as gevolg van afleggings in die mynbedryf weens verswakkende ekonomiese toestande.
Ons gesels oor die opmerklike afname in koopkrag, die toename in brandstofpryse, die afname in huisverkope aan die kus asook oor kos wat só duur geword het. Ons wonder hoe jong mense wat vandag begin werk, 'n huis kan bekostig of selfs net n ordentlike lewensstandaard kan handhaaf met 'n markverwante aanvangsalaris. Ons merk ook 'n toename in misdaad en ander sosiale probleme op en begin toe so bietjie analities oor die ekonomie van die land gesels.
Die afgelope tyd word daar baie aandag aan makro-ekonomiese faktore gegee en word gepraat van verskeie nasionale fiskale konsolideringstratigieë, fiskale dissipline, inperking van besteding asook innovering om meer met minder te doen.
Natuurlik is daar talle eksterne faktore wat 'n impak op die ekonomie het soos die afgelope tien jaar se progressiewe verswakking van die uraanprys (U3O8) vanaf US$ 135 per pond in 2007 tot 'n kommerwekkende US$ 22 per pond in 2017, wat die gevolg is van die Fukushima-ramp op 11 Maart 2011 en die daaropvolgende internasionale sentimente rondom kernkrag. Die gevolg was dat verskeie uraanmyne talle werkers afgelê het. 'n Bekende uraanmyn het onlangs tot 300 werkers afgelê het.
Die afhanklikheidsratio in die mynindustrie is naastenby 1:7, wat beteken dat gemiddeld sewe (7) mense afhanklik is van elke werknemer. Dus is die werklike impak van hierdie een afleggingsaksie ongeveer 2 100 mense wat met minder moet klaarkom.
Die grootste impak hiervan word aan die kusdorpe van Swakopmund en Walvisbaai ervaar. Ek neem aan dat dieselfde impak ook van toepassing is op die wisselvallige visbedryf.
Die son het egter nie gesak oor kernkrag nie en dit mag juis dagbreek wees met sestig (60) nuwe kernkragaanlegte wat tans in aanbou is in 15 lande. Daar is volgens die World Nuclear Association reeds 447 kernkragaanlegte in 31 lande met 'n verdere 164 wat tans in die beplanningsfase is en nog 350 wat voorgestel word. Dieselfde organisasie dui aan dat daar ten minste 'n verdere 48 aanlegte in gebruik geneem sal word oor die volgende vyf jaar: 13 in 2017, 17 in 2018, tien in 2019, sewe in 2020 en een in 2021. Dit is natuurlik volgens huidige inligting.
Namibië is onder die toptien uraan produserende lande en kan dus potensieël 'n noemenswaardige impak op die ekonomie, onder die regte omstandighede, hê. Die aanvraag na uraan gaan toeneem namate die nuwe aanlegte in gebruik geneem gaan word en die bestaande reserwes uitgeput raak. Dit beteken dat bestaande uraanmyne weer kan herleef asook beplande uraanmyne, wat tans hiberneer, ontwaak. Mense sal weer aangestel kan word en 'n betekenisvolle bydrae tot dié bedryf kan maak.
Tans maak die land baie staat op ander hoëwaarde hulpbronne soos diamante, asook die toename in toerisme en verskeie tersiêre bedrywe. Die huidige skuldlas en ekonomiese uitdagings sal 'n impak op Jan Alleman se sak hê en ons sal maar die gordel styf moet trek vir die volgende vyf jaar.
Daar sal groter klem op individuele produktiwiteit gelê moet word. Werknemers op alle vlakke in alle sektore en bedrywe sal verantwoording moet doen vir uitsette gelewer. Ons kan nie bekostig dat sommige werknemers nie 'n bydrae lewer nie.
Nou sal ons almal hande moet vat en saam hard moet werk om die ekonomiese droogte te oorleef.
Pa se wyse woorde som die gesprek mooi op: “Jy moet bereid wees om elke dag vroeg op te staan en gedissiplineerd hard te werk, al hou jy nie altyd van wat jy doen nie. Werk is skaars en geld groei nie aan bome nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie