Invalshoek - Duwweltjies ná die reën
Rudi Koekemoer - Ek was verlede week onderweg na Windhoek aangenaam verras om die metamorfose van die droë savanna te sien na ‘n groen landskap wat oortrek was met heldergeel duwweltjies (Tribulus terrestris) so ver as wat die oë kon sien.
Ek het my verkyk aan die blommeprag en was vervul met hoop dat die droogte se rug gebreek is. Dit laat mens klein en nietig voel wanneer jy besef dat die hemel se sluise net deur God oopgetrek kan word en dat die siel verkwik word by waters waar rus is.
Tuis gekom, het ek na my rekenaar gehaas. My nuuskierige geaardheid het verskeie vrae gehad om beantwoord te word oor hierdie duwweltjie.
Wat is die voedingswaarde van die duwweltjie, gegewe die afgelope droogte? Die veld is oortrek met ‘n geel blommekombers en dus was ek nuuskierig oor die potensiaal vir ons diere.
Die duwweltjie is ‘n eenjarige plant met ‘n penwortel wat 1,5 meter diep na water soek. Dit is bekend vir sy heldergeel blare en die stekelrige vruggies wat menigte kaalvoetkind al ‘n les geleer het. Die dorings is só gehard dat dit gemaklik deur leer of ‘n fiets se band kan steek.
Die plantjie is inheems aan suidelike Afrika en Europa, maar word as ‘n indringerplant in Noord-Amerika beskou. Dit word eintlik as ‘n onkruid in die meeste tuine gesien en verminder die oeste weens die lang penwortel wat meeding om waardevolle water en voedingsbronne.
Dit is algemeen bekend dat die duwweltjie voorkom waar die veld versteur of uitgetrap is. Skape en bokke is veral lief om die duwweltjie te eet, maar dit word gewoonlik giftig sodra dit begin verlep. Skape doen gewoonlik die siekte geeldikkop op sodra dit die duwweltjie eet wanneer dit reeds toksies geword het. Geeldikkop lei tot ‘n verstopping van die galbuise en het ‘n impak op die lewer van skape.
In 1961 en 1962 het onderskeidelik die VSA en Suid-Afrika natuurlike plaagbeheer op die duwweltjie begin toepas deur twee insekte (kalanders) uit Europa in te voer. Die Microlarinus Lareynii, wat inheems aan Frankryk, Italië en lande in die Middellandse Seegebied is, lê tussen 250 en 450 eiers in die saadkapsules van die duwweltjies. Die larwes ontwikkel binne die saadjies, vreet dit en 25 dae later word tussen een en drie volwasse kalanders per saadkapsule voortgebring. Die Microlarinus Iypriformis lê haar eiertjies aan die onderkant van die stingels en blare waar die larwes ontwikkel deur die plant te eet. Hierdie natuurlike plaagbeheer word effektief toegepas in die VSA en verskeie ander wêreldlande tot voordeel van verbeterde oeste.
My letterkundige brein het hierdie as metafoor gesien van so baie waarhede in die lewe.
Omdat iets mooi is, beteken dit nie altyd dat dit goed is nie. Jy moet die onderliggende samestelling en geaardheid van iets moois verstaan alvorens jy kan bepaal of dit goed is aldan nie.
Ons kan oppervlakkig na voorkoms kyk en dit bewonder, maar dit is nie noodwendig goed nie. Inteendeel, dit kan vernietigende gevolge hê.
Bygesê, dit hang af wat jou behoefte is. Om net na iets moois te kyk en dit daar te laat of om die vrug van die blom te verstaan.
Mag ons hierdie jaar nie net kyk na dit wat oppervlakkig mooi aan ons voorgehou word nie, maar in diepte ondersoek doen om wat ons sien, te verstaan en te weet of dit vrugte sal oplewer. Laat ons krities staan teenoor idees, beleid, besluite en optrede sodat ons nie kaalvoet in die duwweltjies beland nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie