Invalshoek - Direkte beleggings uit die buiteland
Die aantrekking van direkte buitelandse beleggings (DBB) is 'n goeie strategie om vinniger ekonomiese groei, werkskepping, die ontwikkeling van vaardighede, tegnologiese innovering en infrastruktuurontwikkeling in sleutelbedrywe te stimuleer.
Verskeie Afrikalande kompeteer in die internasionale arena om hulself as gesogde beleggingstuistes te bemark en aanvaar wetgewing wat dit makliker maak vir beleggers om by hulle lande te kom aanklop. Hierdie DBB-strategie behoort huidig van groter belang te wees vir Afrika-lande wat onder geweldige sosio-ekonomiese druk verkeer.
Dit is egter kommerwekkend dat Namibië wetgewing en regulasies daarstel wat juis 'n inhiberende gevolg kan hê. Die afgelope tyd is reeds baie gesê oor die voorgenome nuwe bemagtigingsraamwerk (NEEEF) asook die mees onlangse verhoging in die prys van hengelpermitte.
In Augustus 2016 is die Wet op die Bevordering van Beleggings in Namibië (Nipa) aanvaar. Dit het nog nie in werking getree nie omdat dit tans hersien word onder druk van belangegroepe.
Nipa vervang die Wet op Buitelandse Beleggings van 1990. Die nuwe wet is só geformuleer dat dit byna onbeperkte magte aan die minister (wat nie spesifiek gedefinieer word nie) gee. Dit bevat ook verskeie nuwe kriteria (in aansluiting by NEEEF) en prosedures vir die finale goedkeuring en registrasie van beleggings.
Die doel van die wetgewing word as volg beskryf: “To provide for the promotion of sustainable economic development and growth through the mobilisation and attraction of foreign and domestic investment to enhance economic development, reduce unemployment, accelerate growth and diversify the economy; to provide for reservation of certain economic sectors and business activities to certain categories of investors; to provide for dispute resolution mechanisms involving investment; and to provide for incidental matters.”
Ironies kan dit juis die teenoorgestelde uitwerking hê omdat prosesse baie meer kompleks en burokraties is.
Dié wetgewing word onder die vergrootglas geneem in 'n artikel deur Wolf Wohler getiteld “The Namibia Investment Promotion Act, 2016: Hindering or promoting foreign investment?” Hierdie artikel beaam bogenoemde bekommernis en beklemtoon dat te veel magte aan die relevante minister gegee word om oor alle aspekte van belegging te besluit.
'n Demokratiese wetgewende proses word gekenmerk deur intensiewe konsultasie met alle belangegroepe om seker te maak wetgewing bereik die relevante doel, is in nasionale belang en in ooreenstemming met die land se Grondwet en nasionale ontwikkelingstrategieë.
My bekommernis is dat wetgewing en regulasies toenemend byna impulsief deurgedruk word sonder behoorlike gesprekke met alle belangegroepe. Inwerkingstelling word dikwels op die lange baan geskuif weens besware.
Ek was onlangs totaal ontnugterd en geskok toe 'n senior amptenaar tydens 'n gesprek met belanghebbers die opmerking teenoor my gemaak het dat die ministerie wel moet konsulteer, maar dat hulle nie noodwendig voorstelle in ag hoef te neem nie. Solank hulle bewyse kan lewer dat hulle gekonsulteer het, word die proses as deursigtig geag.
Hierdie soort houding en optrede erodeer die vertroue in die leiers van die dag en het 'n rimpeleffek op die land se ontwikkeling.
Ek wil 'n beroep op leiers doen om opreg te konsulteer, om geduldig te luister na belangegroepe, om hulle idees ter harte te neem en om alles te toets aan die Namibiese Grondwet. Kom ons neem mekaar se hande en trek in dieselfde rigting (Harambee) om President Hage Geingob te ondersteun sodat ons welvaart op so 'n manier kan ontsluit dat niemand agterbly nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie