Invalshoek - Dien mekaar
Rudi Koekemoer - Ek trek die swaar gordyne oop by my woonstel in Windhoek waar ek gewoonlik tuis gaan wanneer ek op reis is met sakebelange.
Die son loer oor die horison en ‘n palet van kleure streel die stad se harde gelaat.
Nadat ek my normale oggendroetine afgehandel het, gooi ek my rekenaarsak oor my skouer en stap vol hoop na my motor. Die dieselenjin warm geduldig op terwyl ek my koffiebeker staande maak in ‘n spesiale houer. Vandag moet ek op Okahandja gaan werk.
By die eerste verkeerslig moet ek stadig tot stilstand kom, want die lig het pas oorgeslaan na rooi. Voor my en langs my staan huurmotorrs. Daar is geen ander verkeer nie.
Voor ek my kan kry, sien ek die huurmotor voor my trek sommer weg en ry oor die rooi lig. Die ander huurmotor langs my doen dieselfde.
Ek sit vir ‘n oomblik verslae en dink aan wat gebeur het. Gedurende my tog van 45 minute na Okahandja gaan verskeie idees deur my kop.
Die voorval was vir my simbolies van die belangrikheid van leierskap.
Die huurmotor langs my sou nie oor die rooi lig gery het as die een voor my nie eerste weggetrek het nie. Omdat die huurmotor voor my die leiding geneem het, het die ander een gevolg.
Van groter belang is die feit dat die huurmotor langs my ‘n keuse kon uitoefen: om die persoon te volg wat die verkeerde besluit geneem het, of om eerder saam met my te staan en wag tot die lig oorgeslaan het na groen.
Om die waarheid te sê, is hierdie is nie ‘n unieke verskynsel nie. Navorsing in die gedragswetenskappe het bewys die meeste mense is eintlik natuurlike volgelinge. Die meeste mense verkies iemand anders moet die leiding neem.
Dit is verstommend om te sien hoeveel persone woon leierskapskursusse by vooraanstaande universiteite by, reis die wêreld vol om beste praktyke na te vors en kom selfs bymekaar om bekende skrywers se aanlynkonferensies by te woon, maar daar word nie noemenswaardige toepassing in die praktyk gesien of gedragsveranderinge ervaar nie. Korrupsie en die vermorsing van waardevolle hulpbronne is 'n alledaagse gegewe.
Bekende leiers ry byna daagliks oor simboliese rooi ligte en word deur baie mense gevolg. Daar is egter die wat ‘n keuse uitoefen om die regte ding te doen.
Die verkeersliginsident het my laat besluit om die interaktiewe kursus oor leierskap wat ek op Okahandja moes aanbied, anders aan te pak.
Ek het opnuut besef daar is geen korrelasie tussen teoretiese kennis van leierskapsmodelle en goeie leierskap in die praktyk nie. Die groot verskil tussen "goeie" en "slegte" leierskap is gegrond in etiese en morele waardes.
Ek het al baie mense ontmoet wat geen tersiêre opleiding het nie, maar natuurlike, goeie leiers is juis weens sterk gevestigde etiese en morele beginsels. Verkeerde leierskap het geen respek vir morele of etiese beginsels nie. Sulke leiers dien hulle eie ego's, terwyl korrekte leierskap juis beginselvas en diensbaar is.
Die meeste moderne leierskapsteorieë toon onwetend ooreenkomste met Bybelse beginsels. Deesdae word baie na diensbare leierskap (“servant leadership”) verwys.
Die beste rolmodel van leierskap van alle tye moet Jesus wees. Hy het sy dissipels intensief vir drie jaar onderrig en saam met hulle op die stofpaaie van Israel gewandel.
Tot my verbasing het die direkteur van die organisasie vir my gevra dat ons die konsep vna "diensbare leierskap" tasbaar moes maak deur mekaar se voete te was, soos wat Jesus gedoen het. Ek het die deelnemers aan die einde van die kursus gevra om mekaar se voete te was, want dit is simbool van onselfsugtige leierskap wat nie die eie ek en ego dien nie.
Aanvanklik was die kursusgangers skepties en ongemaklik, maar dit was werklik bevrydend nadat hulle mekaar se voete gewas het. Net so moet hulle nou gaan diensbaar wees deur hulle volgelinge se voete simbolies te was en seker te maak dat daar nooit oor rooi ligte gery word terwyl hulle aan stuur van sake staan nie.
Só kan ons die land se etiese en morele kompas herstel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie