Invalshoek - Die kompleksiteit van moderne leierskap
Een van die grootste uitdagings wat leiers in die moderne werksplek moet bestuur, is om die potensiële bydrae van vyf verskillende generasies, wat saamwerk, te ontgin. Dit is nie 'n eenvoudige taak nie, want mense beskou die wêreld deur 'n bepaalde lens gebaseer op die unieke omstandighede waarin hulle grootgeword het.
Jeanne Meister en Karie Willyerd het 20 jaar gelede begin met navorsing oor die eienskappe van verskillende generasies en spesifiek hoe om leierskapvaardighede te ontwikkel om hierdie generasies te bestuur, want 'n leierskapstyl wat vir een generasie werk, sal nie vir 'n ander werk nie. Die uitkoms van dié navorsing is in 2010 gepubliseer met die vrystelling van die boek The 2020 Workplace: How Innovative Companies Attract, Develop, and Keep Tomorrow's Employees Today.
Die generasies wat hulle geïdentifiseer het, was die tradisionele generasie (gebore voor 1945), die baby boomers (gebore 1945 - 1964), generasie X (gebore 1964 - 1976), die millenniërs (gebore 1976 - 1997) en generasie Z, wat ná 1995 gebore is. Hulle kon egter nog geen bevindings oor hierdie generasie vrystel nie en het net op die eerste vier geslagte gefokus.
Hulle stel dit ook duidelik dat 'n individu nie geklassifiseer moet word volgens die jaar van haar geboorte nie, want dit kan mense stigmatiseer en sal 'n baie eng beskouing oor die ingewikkeldheid van die mens wees omdat elke individu se ervarings uniek is. Maar dit is wel so dat daar gemeenskaplike ervarings in bepaalde generasies was wat 'n impak op die gedragspatrone en verwagtinge van mense gehad het.
Die generasie wat voor 1945 gebore is, het byvoorbeeld grootgeword in die militêre era van die Tweede Wêreldoorlog, die finansiële uitdagings van die Groot Depressie en verskeie ander moeilike omstandighede. Gevolglik is hierdie generasie baie gedissiplineerd, hardwerkend, hou nie van verandering nie, is baie lojaal teenoor hul werkgewers en heg waarde aan besittings.
Die boek spesifiseer die eienskappe van die verskillende generasies en het veral gefokus op generasie Y (ook bekend as die millenniërs) wat in die jaar 2020 die grootste deel van die arbeidsmag sal uitmaak. 'n Verdere rede om die verskillende geslagte te verstaan, is omdat daar konflik tussen generasies in die werksplek sal bestaan weens hul verskillende uitgangspunte, verwagtinge, kommunikasiestyle en sosiale vaardighede. Ek wil die leser aanmoedig om hierdie boek aan te skaf en bewus te word van hierdie werklikheid, wat ek ook as generasie X'er ervaar.
Die meeste leierskap- en bestuursprogramme fokus meestal op generasie Y omdat hulle die grootste deel van die huidige arbeidsmag uitmaak en baie dinamies is. Hulle soek gedurig nuwe uitdagings en meet lojaliteit aan die bydrae wat hulle in die werksplek maak en nie hul aantal diensjare nie. baby boomers sal byvoorbeeld in 'n leeftyd by twee werkgewers werk terwyl lede van generasie Y tot 12 werkgewers kan hê.
Hulle is baie sosiaal, maar verkies kommunikasie deur tegnologiese platforms. Hulle is ongemaklik met aangesig-tot-aangesig kommunikasie, want hulle het in die era van die internet en sosiale media grootgeword.
Hulle is ook baie direk en sal bestuurders op hul eerste name aanspreek en spanlede se menings uitdaag. Hulle het toegang tot die “Universiteit van Google” en heg waarde aan konsultatiewe leierskap, erkenning vir werk, balans tussen werk en ontspanning asook plooibare werksure.
Die leser sal sekerlik die potensiële konflik tussen generasie Y en die baby boomers, en selfs generasie X, kan verstaan asook die ingewikkeldheid van leierskap. Die uitgangspunt van die boek is dat elke geslag unieke bydraes maak.
Tans word soveel fokus op die millenniërs geplaas en hoe om hulle te bestuur dat leiers vergeet het van generasie Z wat nou die werksplek betree. David Stillman en Jonah Stillman het in 2018 die boek GenZ@Work vrygestel wat dié geslag se eienskappe uiteensit.
Dit is die onderwerp van die volgende aflewering van Invalshoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie