Invalshoek - Die gevare van valse nuus
Rudi Koekemoer - Ons het Woensdag 'n paar mense oorgenooi om ‘n hardekool te deel en het so rondom 17:00 die vuurtjie aangesteek om die nodige atmosfeer te skep terwyl ons die glase volgemaak het met verskeie keuse-drankies.
Daarna het ek gou die krewe gaan voorberei vir die allegaartjie-braai wat voorgelê het terwyl Lientjie ‘n verskeidenheid versnaperinge uitgesit het wat gestopte olywe, verskeie tkaassoorte, ingelegde vye en gerookte mossel ingesluit het. Mens kan mos nie op ‘n leë maag braai nie. . .
Terwyl ek nog besig was om die kreefsterte voor te berei, hoor ek hoe word daar geklets oor verskeie onderwerpe wat die politiek, ekonomie en godsdiens ingesluit het. Al daai onderwerpe wat mens liefs moet vermy tydens sosiale byeenkomste want dit kan skade aan verhoudings berokken.
Nietemin, die gesprekke het goed afgeloop, want daar was nie juis uiteenlopende opinies nie. Die gesprekke het mettertyd oorgegaan om 'n bietjie oor kennisse te skinder, want ons is mos maar net mens, en ander mense se lewens is fassinerend.
Dit het my egter tydens die verloop van die aand opgeval hoe daar telkens die opmerking gemaak is: “. . .het jy op Facebook en Instagram gesien? Of “ek het in die Republikein gelees” en “het jy gesien wat het Trump nou weer kwyt geraak op Twitter?”
Dit is alombekend dat die mens van die vroegste tye af stories van geslag tot geslag oorgedra het. Die vertel van stories is steeds die primêre bron van inligting en dit is juis hoekom media ‘n bestaan maak, want die mens het ‘n inherente behoefte aan kennis en om te weet wat aangaan.
Dit het my laat dink aan die huidige krisis oor valse nuus wat die wêreld aan die gons het. Dit is definitief nie ‘n nuwe verskynsel nie, want van die vroegste tye af is daar valse stories oorgedra.
Dink maar aan skinderstories soos: “Jinne, ek wonder of hulle moet trou, want hulle ken mekaar nie lank nie, maar nou word daar vinnig troureëlings getref.” Of “daardie man is gevra om te bedank, want hy het lang vingers gehad” of “het jy gesien waar het Jan se fiets vanoggend gestaan?” Sulke stellings is heel moontlik nie op feite gebaseer nie, maar op die opinie en persepsie van iemand. Die probleem hiermee is dat persepsie meestal as realiteit beskou word en dan vorm mense verdere opinies en valse realiteite oor die betrokke persoon waaroor die storie vertel is, sonder om die feite en konteks te ondersoek en te verstaan.
Die skep van persepsies en oordra van valshede is van die begin van die mensdom gebruik om eie belange te bevorder. Ons weet hoe dit in die politieke arena gebruik word met propaganda en om ‘n kandidaat se kredietwaardigheid te ondermyn of om ‘n bietjie twyfel te skep. Indien jy dit kan regkry om die meerderheid mense te oortuig dat daar twyfel oor iemand bestaan, sal dit jou eie belange bevorder.
Daar is bevind dat die top vyf mediastories in die VSA gedurende 2016 valse nuus oor Obama en Clinton was om hulle kredietwaardigheid te ondermyn om ander se belange te bevorder.
Wat die probleem nou soveel groter maak as in die verlede, is die ontstaan en gewildheid van sosiale mediaplatforms soos Facebook, Instagram en Twitter, wat stories binne sekondes na miljarde mense kan versprei. Natuurlik dra die nuusbedryf die grootste risiko, veral om persepsies rondom hulle integriteit te beskerm.
Daar is die afgelope tyd soveel valse nuus, selfs deur verslaggewers, versprei dat lande soos Maleisië in April 2018 begin het om nuwe wetgewing te promulgeer wat mense tot ses jaar tronkstraf kan gee indien hul skuldig bevind word aan die skep en verspreiding van valse nuus. Ander lande is tans besig met soortgelyke wetgewing.
Dit is elkeen van ons plig om meer paraat te wees en om stories, inligting en selfs ons vriende se persepsies te ondersoek om die feite te bepaal, want dit kan ‘n impak op mense se lewens hê. Dit beteken verder dat ons versigtig moet wees om stories oor te dra waarvan ons nie self eers die feite ondersoek het nie.
Ons moet veral ons kinders leer om te kan onderskei tussen wat waar en vals is, en hulle bewus maak van die belangrikheid om altyd stories te ondersoek en seker te maak van die feite.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie