Invalshoek - Die eksponensiu00eble impak van tegnologie
Invalshoek - Die eksponensiu00eble impak van tegnologie

Invalshoek - Die eksponensiële impak van tegnologie

Rudi Koekemoer
Rudi Koekemoer - Ek en my pa sit verlede Vrydagmiddag en klets oor al die nuwe tegnologiese ontwikkelinge en die impak wat dit op mense se gedrag en die samelewing oor die algemeen het.

Ons het konsensus bereik dat dinge net te vinnig beweeg en dat mens nie meer bybly met al die innoverende toestelle en produkte nie. Daar word byna daagliks nuwe toepassings (toeps) vrygestel wat op slimfone afgelaai kan word. Selfs die sakewêreld het die waarde van selfoontegnologie besef en ontwikkel toeps om hulle produkte en dienste te bemark.

My pa het ‘n wyse stelling gemaak: “Die mens kan enigiets vermag waarvan hy droom”.

Hy vertel toe vir my dat die motorbedryf reeds in die 1940’s die idee gehad het om musiek in karre te speel deur ‘n toestel wat enkelsnitplate gespeel het. Gevolglik het hulle in die 1950’s reeds toestelle in voertuie ingebou wat soos later jare se kompakskyftoestelle gelyk het, maar wat net klein enkelsnitplate geneem het. Ek het onmiddellik ‘n Google-soektog aangepak, en eureka! Daar kry ek foto’s van ‘n man wat ‘n hoop enkelsnitplate op sy karsitplek nagaan en in die “motorplatespeler” plaas.

Hy het ook vir my vertel van destydse strokiesverhale (“comic books”) wat lank voor 1969 die eerste landing op die maan voorspel het. ‘n Superman-uitgawe in 1964 het 3D drukkertegnologie voorspel. Die uitbeelding daarvan was onrusbarend akkuraat. ‘n Superman-uitgawe in 1944 het die eerste atoombom uitgebeeld ‘n jaar voordat die eerste bomme in 1945 op Hiroshima en Nagasaki losgelaat is. Die bekende Star Trek-reeks wat in 1966 op skerms vertoon is, het reeds lasertegnologie en slimhorlosies as toekomstegnologie gebruik.

Moderne “hommeltuie” is die produk van die eerste radiobeheerde voertuie wat in 1918 deur die Amerikaanse weermag tydens die Eerste Wêreldoorlog ontwikkel en gebruik is. Die Britte het in 1935 die eerste radiobeheerde vliegtuie ontwikkel en sulke tuie is gedurende die Viëtnam-oorlog (1955-1975) suksesvol op groot skaal gebruik. Die huidige term “drone” is afgelei van een van die Britse modelle van daardie tydperk se naam, “DH.82B Queen Bee”.

Die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) sê in die artikel “Deep shift technology tipping points and societal impact” die volgende dekade gaan gedomineer word deur: 1) 3D drukkertegnologie, 2) slimhorlosies, 3) selfbeheerde toestelle soos motoers en hommeltuie, 4) elektroniese handelsmiddele soos Bitcoin en 5) slimfone as superrekenaars. Al hierdie toestelle gaan aangedryf word deur internettegnologie en dus gaan die meeste mense toegang tot die internet moet geniet. Toegang tot die Internet gaan ‘n algemene, basiese behoefte word.

Die WEF voorspel die eerste organe wat met 3D-drukkers geskep is, kan reeds so vroeg as 2024 deur medici gebruik word. Dit kan ‘n revolusionêre impak op hierdie bedryf hê, want mense sal nie meer hoef te wag vir orgaanskenkers nie. Selfs meganiese toestelle en meganismes gaan met 3D-drukkertegnologie geskep word.

Verder word voorspel mense sal met behulp van slimfoontegnologie en mediese toeps hul eie diagnoses maak, wat druk op algemene praktisyns sal verlig. Mense gebruik reeds toestelle wat elke tree tel, jou hartklop monitor en aandui hoeveel kalorieë jy verbrand het. Jou dokter sal kan “huisbesoek” doen via Skype en jy sal onmiddellik via slimtegnologie vir die dokter inligting kan stuur sodat hy ‘n finale diagnose kan maak.

Ek het die toeps SkinVision afgelaai, wat deur dokters ontwikkel is. Jy neem ‘n foto van ‘n moesie op jou lyf; die toep ontleed dit en kan binne sekondes risiko-faktore vasstel. Talle soortgelyke toeps is reeds beskikbaar. Binnekort sal swanger vroue hul eie sonarondersoeke kan doen en daarna op hul slimfone kyk. Daar word ook reeds aan tegnologie gewerk wat hart-pasaangeërs so klein soos ‘n SD-kaart sal maak.

In stedelike gebiede laai hommeltuie klein pakkies, wegneemetes en dies meer by mense se huise.

Elkeen van ons kan saam droom oor die toekoms, want dit gaan ons realiteit herskep.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A