Invalshoek - Bevoegdheid van direksielede
Die afgelope dekade is gekenmerk deur 'n progressiewe afname in die lewensvatbaarheid van staatsinstellings, tot so 'n mate dat honderde miljoene dollar wanbestuur is en, in die meeste gevalle, geen rekenskap geëis word van leierskap nie.
Inteendeel, dit wil voorkom asof sommige individue gevrywaar is van enige aanspreeklikheid en net gedurig roteer tussen direkteurskappe van instansies. Natuurlik kan daar baie voorbeelde genoem word, maar dit is nie die doel van hierdie betoog nie.
Die ministerie van staatsondernemings is in die lewe geroep met 'n komplekse en ongewilde mandaat om staatsinstellings te herstruktureer om die huidige las op staatsbefondsing te verlig en seker te maak dat hierdie instansies lewensvatbaar bestuur word. Die skep van 'n model om hierdie instansies te bestuur, is maar 'n klein mylpaal op die tog na vernuwing.
Dit is alombekend in die besigheidswêreld dat die bevoegdheid van direkteure 'n noemenswaardige impak op die sukses van 'n organisasie het. Daar word gereeld die stelling op relevante nasionale forums gemaak dat die eintlike probleem is dat die meeste raadslede van staatsinstellings onbevoeg is.
Dus is dit die intensie om meer aandag te skenk aan die keuringsproses en samestelling van direksie om seker te maak dat die regte vaardighede verteenwoordig word.
Ek stem nie saam dat die hoofrede die tekort aan tegniese vaardighede van direkteure is nie.
WAT IS BEVOEGDHEID?
“Bevoegdheid” is 'n konsep wat uit drie hoofelemente bestaan: teoretiese kennis, vaardighede (die vermoë om teorie in die praktyk toe te pas) en waardes, asook optrede (ingesteldheid).
Sommige raadslede het gevorderde akademiese kwalifikasies en het al die wêreld vol gereis om gespesialiseerde kursusse by te woon. Dan word raadslede ook jaarliks onderwerp aan relevante kursusse soos King IV en die NAMCODE. Ek het self die afgelope dekade skouers geskuur met baie ervare raadslede wat selfs oor meesters- en doktorsgrade beskik en die wêreld deurkruis het om konferensies by te woon om beste praktyke te ondersoek. Myns insiens is waardes (ingesteldheid) die aspek wat aandag moet geniet. Die keuringsproses van raadslede moet hoofsaaklik fokus op die etiese- en morele verwysingsraamwerk van die relevante individue. Iemand kan oor 'n doktorsgraad beskik en baie ervaring hê, maar dit beteken nie noodwendig dat die persoon hoë etiese en morele standaarde handhaaf nie.
DIE SME BANK
Dit gaan die verstand te bowe hoe 'n handjie vol raadslede en senior bestuurders van 'n staatsinstelling só eties- en moreel arm kan wees dat hulle egosentriese besluite neem ten koste van 250 werkers wat nou hulle werk verloor het omdat die leiers die instansie bankrot agtergelaat het. Daar is talle voorbeelde in die internasionale arena waar die raadslede asook senior bestuur krimineel en selfs siviel vervolg is na sulke misdrywe.
Die tyd het aangebreek dat Namibië standpunt moet inneem teen eties en morele bankrot leiers en juis die boodskap uitstuur dat minder ervare leiers met die regte waardes eerder verkies sal word.
Daar is talle jonger leiers, met die regte waardes, wat reg is om die leisels oor te neem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie