Interpol kies Chinees bo lt.genl. Ndeitunga
Die Algemene Vergadering van Interpol het ''n nuwe president en uitvoerende komitee verkies en resolusies aanvaar wat daarop gemik is om terrorisme te bekamp.
Afgevaardigdes by Interpol se 85ste Algemene Vergadering in Bali, Indonesië, het Meng Hongwei van China tot nuwe president van Interpol verkies.
Namibië se polisiehoof en tot nou toe Interpol se visepresident belas met Afrika, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, was een van die kandidate vir die pos.
Meng, China se adjunkminister van openbare veiligheid, aanvaar sy pligte onmiddellik. Hy het by die geleentheid gesê as veteraanpolisiebeampte is hy gereed om die taak van wêreldpolisiëring op sy skouers te neem.
“Ons staar wêreldwyd tans van die ernstigste, openbare veiligheidsuitdagings sedert die Tweede Wêreldoorlog in die gesig,” het Meng gesê.
“Interpol, gelei deur die beste stel beginsels en meganismes tot nog toe, het ''n betekenisvolle bydrae tot die bevordering van internasionale polisiesamewerking gelewer,” het hy gesê.
Die president van Interpol is die voorsitter van die uitvoerende komitee en word deur die Algemene Vergadering vir ''n termyn van vier jaar verkies.
Die verkiesing het ná vier dae se beraadslaging deur 830 polisiehoofde en senior wetstoepassers uit 164 lande gekom.
Van die sleutelbesluite wat die afgevaardigdes geneem het, sluit in die stelselmatige insameling en rekordhouding van biometriese inligting as deel van terroristeprofiele wat via Interpol gedeel sal word.
Beijing in China is gekies om die 86ste Algemene Vergadering in 2017 aan te bied en Kampala in Uganda sal in 2018 die gasheer vir die globale vergadering van polisie-bevelvoerders wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie