Interpol-baas verdwyn spoorloos
Meng Hongwei, hoof van Interpol, is as vermis aangemeld nadat sy vrou meer as ’n week laas van hom gehoor het.
Volgens die Franse polisie het Hongwei se vrou hom as vermis by die polisie in Lyon aangemeld. Interpol se hoofkwartier is in Lyon.
Meng het op 29 September na sy tuisland, China, gereis. Sy vrou het sedertdien nie van hom gehoor nie.
Volgens Interpol word sy verdwyning in Frankryk én China ondersoek.
Interpol se hooffunksie is om as ’n meganisme te dien tussen polisiemagte in verskillende lande.
Meng het verskillende senior posisies in China beklee voordat hy in 2016 president van Interpol geword het. Hy was onder meer adjunk-president van openbare veiligheid in China.
Menseregtegroepe het destyds hul kommer uitgespreek dat die Chinese regering Meng se posisie kon uitbuit om politiek afvalliges in die buiteland te vervolg.
China het in die verlede al druk op ander lande toegepas om Chinese burgerlikes wat van korrupsie of terrorisme beskuldig word, na China te deporteer.
Volgens diplomate is die rol van president van Interpol grootliks seremonieel.
In Julie verlede jaar het Meng in ’n toespraak verwys na die belangrikheid om kubermisdaad vas te vat. Waarnemers het gesê sy toespraak stem ooreen met China se standpunt oor kubermisdaad. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie