Internet nie deel van stad se werk
DAVE VILJOEN SKRYF:
Ek kon my oë nie glo dat die stadraad van Windhoek met Paratus koppe stamp oor die nuutste tegnologie nie.
As die paragraaf waar is dat die stadsraad met diensverskaffers in die telekommunikasiebedryf wil meeding, slaan ek my hande saam. Artikel 30 van die plaaslike owerheidswet bepaal die funksies en dienste van 'n munisipaliteit, en telekommunikasie vorm nie deel daarvan nie.
Ek het ook opgemerk dat Paratus wel slote grawe en hulle het spanne wat die sypaadjies op 'n professionele manier herstel, baie beter as van die sypaadjies wat die stadsraad verplig word om te herstel, byvoorbeeld die mangat voor die ministerie van binnelandse sake in Onafhanklikheidsrylaan, wat nou al vir maande sonder 'n deksel is. Dat mense nog nie daarin geval het nie is 'n wonderwerk.
Kyk hoe lyk ons teerstrate – vol gate. Kyk na die rioolmangate in die stad. Dit lyk soos permanente fonteine. Kyk na die verkeersligte; 'n totale gemors. Wat het van die stadspolisie en verkeerspolisie geword? Hulle skitter in hulle afwesigheid.
Nee wat, om met die telekommunikasiebedryf mee te ding, is om na Jan van Riebeeck se tyd terug te keer met mense met die posstokkie.
Paratus, ek ondersteun julle in die saak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie