Internasionale kenners bied lewensafrigting by Vroueberaad
Die 12de Namibiese Vroueberaad waarvan die oogmerk is om vroue te bemagtig en te bemoedig, het gister in Windhoek begin. Nie minder nie as vyf internasionale sprekers woon dit by.
Die beraad is gisteraand amptelik deur die presidentsvrou, me. Monica Geingos, geopen. Dit duur nog tot môre.
Die tema vanjaar is “Elke lewe het ‘n silwer randjie”, vertel die president en organiseerder, me. Anne Thandeka Gebhardt. Sy sê met die beraad word beoog om lewensafrigting aan vroue te verskaf en hulle met kennis en vaardighede toe te rus wat hulle sal help om hul lewe en ook hul besighede beter te bestuur.
Gister is drie slypskole aangebied waar vroue onder meer kon leer hoe om ‘n onderneming met weinig kapitaal te begin. Dit is deur twee stigterslede van die Pop-Up Business School in Brittanje, Alan Donogan en Simon Paine, aangebied.
Die tweede slypskool het gefokus op hoe vroue hul passie en doel in die lewe kan uitleef en boonop geld maak. Die aanbieder was Tabea Boye van Lighthouse Lifestyle Wellness Consulting.
Dr. Janet Palmer, stigter van Dr. Janet Palmer International in Amerika, het vroue in die derde slypskool leiding gegee oor hoe om die “silwer randjie” in hul lewens weer raak te sien, beter te voel oor hulself en hul prestasie te verbeter. Daarmee saam het Felizitas Peters, stigter van Palmato Publishing en 'n internasionale bekende entrepreneur en skrywer, vroue gewys hoe hulle nuwe perspektief kan kry deur hul lewensverhaal neer te skryf.
Verskeie vrouesprekers met bemoedigende en verrykende boodskappe sal die vroue vandag en môre toespreek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie