Internasionale deelname wink vir skoonhede

Sanet de Waal
Die Mej. Namibië-skoonheidskompetisie het aangekondig drie plaaslike skoonhede gaan die land vanjaar by internasionale geleenthede verteenwoordig. Mej. Namibië 2021, Chelsi Shikongo, gaan aan die Mej. Heelal-kompetisie deelneem (datum en plek moet nog bevestig word); die eerste prinses, Annerie Maré (regs), is van 19 November tot 17 Desember in Puerto Rico om aan Mej. Wêreld deel te neem; en me. Tiener, Alexis Swart, is bestem vir deelname van 25 Oktober tot 7 November by die internasionale weergawe van dié kompetisie (venue moet nog bevestig word).

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer