Internasionaal: kortnuus
Afganistan
Taliban kies nuwe leier ná Mansoer in VSA-aanval sterf
Die Taliban in Afganistan het gister sy nuwe leier aangewys nadat die vorige leier, Moellah Akhtar Mansoer, Saterdag in ’n Amerikaanse lugaanval dood is. Haibatoellah Akhoenzada, wat adjunkleier was, is as die nuwe leier aagewys. Hy is ook die voormalige hoof van die Talibanse regbank. Pres. Barack Obama het Maandag bevestig Mansour is in ’n Amerikaanse lugaanval dood.
Obama het toestemming gegee vir die aanval met onbemande vliegtuie Saterdag in ’n afgeleë gebied van Pakistan, net binne die grens met Afganistan. - Reuters
Amerika
Obama kry hou in oor menseregte
Pres. Barack Obama van Amerika het die regering van Viëtnam oor menseregte in die land berispe in ’n toespraak wat op nasionale televisie uitgesaai is. Sy besoek aan Viëtnam het origens in ’n gees van welwillendheid tussen die twee voormalige vyande verloop. Dit het aan die lig gekom dat sommige leiers verbied is om ’n vergadering by te woon wat Obama met gemeenskapsleiers gehad het.
“Dit is ’n aanduiding dat, ondanks matige aanpassings, perke steeds geld op die vreedsame bespreking in die openbaar van sommige kwessies,” het Obama opgemerk.
– Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie