u2018Interdik mag nie korrupsie toesmeeru2019
u2018Interdik mag nie korrupsie toesmeeru2019

‘Interdik mag nie korrupsie toesmeer’

Uitspraak sal op 31 Mei gelewer word in die muilbandsaak waarin die Intelligensiediens probeer keer dat “geheime inligting” oor sowat N$65 miljoen se eiendomstransaksies gepubliseer word.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die inligting waaroor die weekblad The Patriot wil berig, is anders as wat die Sentrale Intelligensiediens van Namibië (NCIS) en die regering aanvoer, nié geheime inligting soos deur die wet op dié instelling omskryf word nie.

Dit het te doen met die aankoop van plase en ’n eiendom in Windhoek-Wes waarvan die titelaktes vrylik by die aktekantoor beskikbaar is.

Die twee plase, beide in die Otjozondjupastreek, is in 2015 vir onderskeidelik N$40 miljoen en N$17 miljoen gekoop en vir die huis in Windhoek-Wes het die regering N$8,2 miljoen opgedok.

Verder is die vereniging van oudspioene, wat na bewering die eiendomme vir die private gebruik van sy lede en hul families beskikbaar stel, nie deel van die NCIS nie en gevolglik nie aan sy wetgewing onderhewig nie.

Dit blyk ook dat die Intelligensiediens by twee geleenthede staatsgeld ter waarde van N$1,1 miljoen aan hierdie private vereniging oorbetaal het.

Só het mnr. Norman Tjombe Vrydag namens die koerant en sy redakteur, mnr. Mathias Haufiku, in die hoërhof in Windhoek betoog.

Groot belangstelling heers in die saak waarin die land se spioenasiediens deur middel van ’n interdik die koerant probeer muilband deur hom op die Wet op die Beskerming van Inligting van 1982 en die Namibië Sentrale Intelligensiedienswet van 1997 te beroep.

Die openbare galery in hof F was stampvol toe die regsverteenwoordigers van die applikante en die respondente vir bykans vier ure lank ononderbroke hul argumente voor regter Harald Geier gevoer het.

Die aansoek is op 12 April by die hof ingedien nadat Haufiku die direkteur van die NCIS, mnr. Ben Likando, in ’n teksboodskap laat weet het die koerant is van plan om ’n berig oor hierdie eiendomme te publiseer en dat hy vrae daaroor aan hom wil rig.

GEKLASSIFISEERDE INLIGTING

Mnr. Philemon Malima, direkteur-generaal van die NCIS, voer in sy gefundeerde eedsverklaring aan die inligting wat Haufiku in sy teksboodskap gesê het die koerant gaan publiseer “is sensitiewe en/of geklassifiseerde inligting en die onwettige besit, verspreiding en publisering daarvan word deur die wet verbied”.

Haufiku reageer in sy beantwoordende eedsverklaring daarop en sê die breë en omvattende interdik wat die NCIS en die regering vra, sal die reg op vryheid van spraak en mediavryheid skend.

Hy sê die berig wat hy wil publiseer, het te make met beweringe van korrupsie deurdat eiendom wat deur die regering vir die gebruik van die Intelligensiediens gekoop is, nou vir private doeleindes aangewend word. Dit is nie teen een van die voorgenoemde wette of enige ander wet om sulke misbruik en korrupsie te openbaar nie, sê Haufiku.

Adv. Dennis Khama, vir die NCIS en die regering, het betoog die hof weet nie of die Intelligensiediens hierdie eiendom vir “’n groter saak” gebruik nie, aangesien sy optrede geheim is.

Hy voer aan dit is internasionaal aanvaarbare gebruik in die intelligensiekringe van demokratiese lande om inligting geheim te hou wat ’n veiligheidsrisiko inhou.

Geier het gesê die hof se vraag is wat as die betrokke wetgewing gebruik word om ’n misdaad of misdadige aktiwiteite toe te smeer.

“As die interdik beteken omwettige aktiwiteite gaan toegesmeer word, moet die hof steeds die wetgewing handhaaf?”

Hy het ook daarop gewys dat die interdik wat versoek word, só wyd is dat dit tot “ewigdurende swye” sal lei.

Tjombe het in sy betoog gesê die applikante moes die sensitiewe inligting in ’n aparte in camera-aansoek uiteengesit het en nie vir ’n breë interdik gevra het wat vermeende korrupsie sal toesmeer nie.

Geier sal op 31 Mei sy uitspraak lewer.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%