Inspirasie, kuns en voete
Verlede week was ‘n besige, vol week vir Namibië. Die vermaakkalender het ‘n hoogtepunt bereik, met verskeie groot geleenthede wat almal terselfdertyd plaasgevind het – tipies Namibië.
Vir lang tye gebeur daar hier en daar ‘n ietsie, en dan, ewe skielik, bars die kalender uit sy nate.
Ek klink ietwat pessimisties, maar dis nie so nie. Ek deel in hierdie geval eintlik my opwinding oor die bogenoemde met julle.
Kom ons begin by verlede week Donderdag.
Inspirasie Tafels 2018. Skougronde. Weens my betrokkenheid by hierdie leefstyl-ekspo het ek sedert die beplanningsfase reeds met die stigters, meesterbreine en ander ouens wat betrokke is, gesels en die vordering gevolg.
Ek het gereeld gehoor wat die temas, kleurskemas, doelwitte en dies meer agter hierdie jaarlikse leefstyl-ekspo is.
Dis normaal vir my om groot verwagtinge te hê. Verlede jaar se Inspirasie Tafels was reeds iets om briewe, rubrieke en artikels oor te skryf.
Dit wás uiteraard die woordeboekdefinisie van inisiatief en oorspronklikhied.
Met groot verwagtinge en opgewondenheid besoek ek verlede Donderdagnammiddag Inspirasie Tafels 2018. Net daar en dan word ek heeltemal uit die veld geslaan.
My mond hang oop soos iemand wat die Comrades pas voltooi het. Ek sukkel om asem te haal.
Met die instrapslag het ek besef hierdie gaan fraai wees. Dit gaan ‘n ding raak waarby mense van ander lande betrokke wil wees. Van die kleinste besonderhede tot die dak het ‘n doel gehad.
Afgesien daarvan dat dit visueel indrukwekkend was, was daar ook voete. Baie voete. Van die meeste voete wat ek al op een slag by ‘n geleentheid gesien het.
Namibiërs het van oral gekom om hierdie ekspo te beleef. En wás dit ‘n belewenis. Inspirasie Tafels 2018 was sonder twyfel ‘n oomblik op die Namibiese vermaakkalender wat in die toekoms net groter kan word.
Tydens my besoek aan hierdie ekspo het ek mense om my gesien wat lag, gelukkig is, vriendelik verkeer en trots voel. Dit was mooi. Dit was uniek.
Dit is wat ons nodig het. Die hoeveelheid eg Namibiese produkte wat te koop en ten toon gestel is, was letterlik skokkend. Die talent in hierdie land is topklas. En Inspirasie Tafels is die unieke platform vir ons om ons talent te vertoon.
Vrydag. Omaruru Kunstefees. Ek ry teerpad om. Die grondpad tussen Wilhelmstal en Omaruru is blykbaar rou gery.
Ek kom op die klein, lewendige dorpie aan. Ek was skaars oor die groot brug, toe sien ek al die groot, geel tent in die rivierbedding.
Die Omaruru Kunstefees het ’n paar jaar gelede bitter klein en eenvoudig begin. Sedertdien het dit een van Namibië se vlagskipfeeste geword. En dit is maklik om te weet hoekom.
Namibiërs soek iets anders. Uniek. Oorspronklik. En hierdie fees bied elke jaar iets anders of unieks aan. Boonop is die fees ‘n jaarlikse mekka van plaaslike kunstenaars.
As deel van die feesprogram is ‘n konsert onder die sterre aangebied – letterlik onder die sterre. En dit was beautiful.
Daar is iets magies aan musiek. Veral as dit regstreeks in ‘n ongewone omgewing uitgevoer word.
Elke lid van die feeskomitee verdien volgens my ‘n pluimpie.
Die organisering was bitter goed, en ek praat namens ander feesgangers ook.
Wat vir my besonders was, is dat soveel mense die fees bygewoon het.
Ek praat van hordes mense wat moes ry, slaap en eet. En ons weet hoe dit met die ekonomie gaan. Ek was geskok.
Terselfdertyd het die Sound for Sight-konsert by die SKW in Windhoek plaasgevind.
Ek was nie self daar nie, maar vriende van my wat dit bygwoon het, sê dit was briljant. Van die grootste Suid-Afrikaanse name en natuurlik plaaslike talent het ’n horde mense vermaak.
En dís net die geleenthede waarvan ek weet. Ek is seker daar was ander lekkertes ook iewers aan die gang.
Oor ‘n tydperk van drie dae was daar in een land met beswaarlik drie miljoen inwoners iets vir almal – ongeag jou begroting, ras, godsdiens of belangstellings.
Dit sê vir my iets.
Ons is reg vir nóg.
Bring dit!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie