Insette oor Lüderitz se tweede hawe gevra
Angrapunt is gekies as die beste gebied vir 'n dieper hawe in Lüderitz.
Augetto Graig - Insette oor Lüderitz se beplande tweede hawe word gevra.
Twee openbare vergaderings sal vandeesmaand plaasvind: een in Lüderitz op 15 Maart, en een in Windhoek op 17 Maart.
Belanghebbendes sal tydens dié vergaderings meer inligting oor die beplande hawe kan kry.
Geo Pollution Technologies is aangestel om 'n hoëvlak omgewingsomvangstudie vir die reuseprojek te doen.
Die opname sal die potensiële impak op die omgewing identifiseer en die voorloper wees van 'n strategiese omgewingsevaluering.
Volgens mnr. André Faul van Geo Pollution Technologies is die huidige hawe op Lüderitz beperk omdat die water net sowat 8,75 meter diep is.
Vorige studies het aangedui Angrapunt is die beste plek vir die uitbreiding van die hawe.
By Angrapunt kan 'n dieper tweede hawe gebou word wat meestal vir die invoer en uitvoer van grootmaat vrag soos ystererts of mangaan gebruik kan word.
Tans besit die ministerie van die omgewing en toerisme die terrein vir die nuwe hawe op ongeregistreerde staatsgrond.
Dit is egter binne die watergebiedgrens wat onder die beheer en jurisdiksie van NamPort val.
Voordele wat die nuwe hawe kan bied, sluit in meer en beter roetes vir invoere na en uitvoere van Namibië af, 'n finansiële inspuiting vir die nasionale ekonomie, diversifisering van ekonomiese aktiwiteite in die hele land, meer werksgeleenthede, en die ontwikkeling van vaardigheide, asook beter infrastruktuur om die hawedorp met die res van die land te verbind.
Konstruksie van die hawe sal baggerwerk insluit, asook die bou van kaaie en vasmeerplekke.
Nuwe paaie en 'n swaardiensspoorweg met 'n spoorwerf en spoorsylyne sal opgerig word om die hawe te bedien.
Daar sal ook grootmaat store gebou word vir die berging van mangaan, ystererts, steenkool of ander droë materiaal.
Die droë grootmaat stoorgebied sal verbind wees met die kaaie deur vervoerbande vir die laai van vaartuie.
ONTSOUTINGSAANLEG
Die nuwe hawe moet ook 'n ontsoutingsaanleg kry om water vir daaglikse gebruik en drinkbare water aan skepe by die hawe te verskaf.
Geboue, 'n sekuriteitsheining, parkeerplekke, elektriese toevoer, 'n riool- en waternetwerk sal gebou moet word.
'n Herwinningsgebied soortgelyk aan die nuwe houereindpunt op Walvisbaai se hawe sal gebruik word vir die toekomstige opgaar van droë grootmaat produkte.
Herwinning van die omgewing sal gedoen word deur gebruik te maak van die materiaal wat in die baggerwerkproses versamel word.
NamPort sal die verhuurder, owerheid en reguleerder van die nuwe hawe wees, en die werklike ladingterminale sal deur private entiteite onder openbare-private-vennootskappe ontwikkel, besit en bedryf word, sê Faul.
Belanghebbendes word aangemoedig om te registreer deur hul naam en van, organisasie, posisie, kontakbesonderhede en belange of besware aan Faul te stuur by [email protected], of skakel hom by 061 257 411.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie