Insek na Brad Pitt vernoem
Nóg ’n gogga is na Brangelina genoem. Dié een is piepklein en parasities.
Conobregma bradpitti, ’n wesp van byna 2 mm, is ’n ruk gelede in KwaZulu-Natal ontdek. ’n Internasionale span wetenskaplikes het die wesp beskryf en gedoop, luidens ’n artikel in ZooKeys, ’n aanlyn-publikasie van goedgekeurde biologie-artikels.
Dr. Buntika Butcher van die Chulalongkorn-universiteit in Thailand en hoofskrywer van die artikel, sê die naam is gekies omdat sy talle plakkate van Brad Pitt in haar kantoor het.
Pitt se vrou, Angelina Jolie, het vroeër ’n spinnekop na haar genoem gekry: Aptostichus angelinajolieae.
Conobregma bradpitti behoort tot ’n groot groep wespe wat op motte en skoenlappers teer. Hulle lê hul eiers binne-in hul gasheer, wat later verhard en ’n veilige “kokon” vorm. Mettertyd broei die larwes uit die gemummifiseerde gasheer.
Dis ietwat makaber, maar die wespe kan eintlik van groot waarde wees vanweë hul potensiaal om vir die biologiese beheer van peste en plae aangewend te word.
Die wesp is donkerbruin, met ’n geelbruin kop, voelers en pote en deursigtige, blinkerige vlerke en is vir die eerste keer opgemerk by Madlangula, noordwes van Kosibaai in KwaZulu-Natal, en naby die grens met Mosambiek.
Brangelina is nie die enigste Hollywood-sterre na wie goggas of ander organismes genoem is nie.
Die seeslak Mandelia mirocornata, wat aan die ooskus van Suid-Afrika aangetref word, is na Nelson Mandela genoem, die Kaliforniese valdeurspinnekop, Aptostichus barackobamai, het sy naam te danke aan pres. Barack Obama van die VSA, en die kewer Anophthalmus hitleri is na die Nazi-leier genoem.
Die blomvlieg Eristalis gatesi het sy naam van die Amerikaanse miljardêr Bill Gates gekry en Trypanosoma irwini, die bloedparasiet wat in koalas voorkom, na die Australiese krokodilman wyle Steve Irwin.
Die vlinder Potanthus confucius is genoem na die Chinese wysgeer Confucius, die watermyt Litarachna lopezae na die sangeres Jennifer Lopez, die skaaldiertjie Gnathia marleyi na die reggae-ster Bob Marley en nog ’n spinnekop, Loureediaannulipes, na die sanger Lou Reed.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie