Inperking knou aanbod op veeveilings
Agente is bekommerd oor die drastiese afname in die aantal vee wat tans op veilings aangebied word.
Elvira Hattingh – Minder vee op veilings gedurende die inperkingstyd beteken dit is nou minder lonend, indien enigsins, vir agente om voort te gaan om dit aan te bied.
Dit is ten spyte van ‘n relatiewe stabiele kopersmark en –pryse.
Windhoek Livestock Auctioneers (WLA) se mede-eienaar, mnr. Johan Smith, sê die inperkingstyd saai onsekerheid, wat veroorsaak dat die aanbod op veeveilings met soveel as 50% verminder het.
“Die positiewe is dat nuwe boere tans tot die mark toetree – veral omdat sommige Suid-Afrikaanse voerkrale onttrek het en ‘n gaping laat. Dit stut ons pryse,” het Smith aan Republikein gesê.
Smith sê drie of vier van die grootste voerkrale het vir eers opgehou om speenkalwers in Namibië aan te koop. “Dit het tot ‘n effense daling in pryse gelei, wat ook bygedra het dat die aanbod op veilings verklein het.”
“Uit ‘n agent se oogpunt is dit egter nie lonend om klein veilings van 500 stuks kleinvee of 200 stuks grootvee te hou nie. Tog kan ek nie produsente nou in die steek laat nie. Ons gaan dus voort met veilings,” sê Smith.
Smith sê verkopers is onseker oor koopkrag en baie kies om tot ná die inperkingstyd te wag om hul vee van die hand sit.
Smith sê bokpryse is erg geraak omdat die vraag in die Suid-Afrikaanse mark skerp gedaal het.
“Skape en beeste verkoop steeds, maar ons sal nie mense aanraai om nou bokke te probeer verkoop nie,” sê hy.
Smith sê speenkalfuitvoere na Suid-Afrika verloop redelik glad. Hy sê kopers ervaar egter probleme om vrylik na veilings toe te kan gaan.
“Dit is nie net van klim in ‘n kar, ry deur ‘n padblokkade en sê jy is ‘n koper en gaan veiling toe nie,” sê Smith.
GENOEG KOPERS
Agra ervaar ook ‘n drastiese afname in veegetalle op veilings, sê mnr. Hendrik Prinsloo, Agra-veilings se streekbestuurder in die Noorde.
Hy meen dit word deur die inperking veroorsaak asook die protokol vir sosiale distansiëring wat op veilings gevolg moet word.
Prinsloo sê Agra se ervaring is dat daar genoeg plaaslike kopers is wat ‘n sterk belangstelling toon, maar dat die aanbod na vee tans nie hul behoeftes bevredig nie. Hy meen die sterk vraag stimuleer pryse, wat andersins dikwels die tyd van die jaar laag is.
Prinsloo sê ook aanvanklike kwessies met speenkalfuitvoere is opgelos.
Mnr. Herman Lintvelt, Agra-veilings se streekbestuurder in Sentraal-Namibië meen laer pryse vir jonger beeste vuur die probleem van minder vee op veilings aan.
“Voerkrale koop nie soveel bees soos gewoonlik nie. Dit is ook baie moeilik om net ‘n sekere aantal mense op veilings toe te laat.
“Ons laat net kopers toe. Dit beteken verkopers kan nie self op veilings wees om te besluit as hulle nie hul diere vir ‘n sekere prys wil verkoop nie en moet ons agente met dié proses vertrou.
“Slagbees se pryse is ook onder druk omdat vleisverkope in winkels minder is,” sê Lintvelt.
PRYSE STABIEL
Mnr. Piet Schrader, eienaar van Blaauwberg Auctioneers sê veilingpryse was die afgelope drie weke laer.
“By Blaauwberg het jong beeste, of potensiële groeibeeste, se pryse in die laaste week weer opgeskiet; terwyl slagbeeste se pryse konstant bly ná ‘n aanvanklike daling,” sê Schrader.
Hy meen die inperking speel ‘n rol op veilingpryse, maar dat die daling in pryse toe te skryf is aan die aanvanklike sterk aanbod van diere op veilings.
“Tans is die aanbod kleiner, wat op die beurt pryse opnuut opwaarts druk.”
Schrader sê hy het nie dié wending verwag nie.
“Die koopkrag is tans nie so sterk nie, want boere het nie baie geld ná die droogte nie. Kopers daag ook nie konsekwent by veilings op nie.”
Schrader sê buiten vir aanvanklike groeipyne, ervaar die bedryf nie uitdagings om speenkalwers na Suid-Afrika uit te voer nie.
Pryse op Blaauwberg-veilings vertoon relatief goed. Op 9 April is die hoogste prys van N$42,56 per kg vir 27 tollies onder 130 kg op ‘n Blaauwberg-veiling op Otjiwarongo betaal. Die tweede hoogste prys was N$37,50 per kg vir tollies met ‘n gemiddelde gewig van 162 kg. Die algehele veilinggemiddeld was N$27,10 per kg teenoor ‘n week vantevore se gemiddelde prys van N$24,45 per kg. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie