Inkoopsentrum hou kunsuitstalling
Barry de Klerk – Die Okahandja-inkoopsentrum was onlangs die gasheer van ’n Paasfeeskunsuitstalling waaraan leerlinge van die dorp se skole die geleentheid gehad het om met hul kreatiewe- en kunsvaardighede te spog.
Skole moes hul onderskeie uitstallings, met “Paasfees” as tema, in die inkopiesentrum opstel.
Leerlinge kon gebruik maak van enige materiale om die uitstallings te bou. Daarna is foto’s op die sentrum se Facebook-blad gelaai en die publiek is gevra om hul gunsteling te “like”.
Met 420 stemme, is Berg-Op Akademie as die wenskool aangewys en daarmee met N$2 000 beloon.
“Dit was net ’n klein promosie wat ons aangebied het, maar dit is die begin van baie meer wat nog kom,” het mnr. Garth Mouton, die inkopiesentrum se projekbestuurder, gesê.
Prestantia College, die Sekondêre Skool Okahandja en Besige Bytjies-preprimêr het ook deelgeneem.“Ons sal in die toekoms graag ál Okahandja se skole wil betrek,” het Mouton gesê.
“Namens die inkopiesentrum wil ek elke deelnemende skool bedank. Ons hoop dat ons in die toekoms weer met julle en ander skole kan saamwerk,” het Mouton gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie