Informele verkopers lug griewe oor nuwe geriewe

Ruimte in mobiele stalletjies min; net sommige betaal huur

08 July 2021 | Regering
Elizabeth Joseph op Keetmanshoop – Die munisipaliteit op Keetmans­hoop het in samewerking met die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) 'n projek van stapel gestuur om mobiele stalletjies aan informele handelaars en straatverkopers te verskaf sodat hulle nie hul produkte op straat hoef te werk nie.

Die projek is ook 'n Covid-19-verligtingstrategie.

Altesaam 30 mobiele stalletjies, wat ongeveer N$80 000 gekos het om te monteer, is vir die handelaars in die middedorp opgerig. Dit is minder as twee weke sedert die oprigting en probleme steek reeds kop uit.

Tydens 'n onderhoud met van die geregistreerde handelaars het die meerderheid gekla oor waar die stalletjies opgerig is en die beperkte ruimte binne die stalletjies.



'STALLETJIES TE KLEIN'

Sommige van die handelaars het gesê daar is nie genoeg ruimte in die stalletjies om hul produkte te verkoop en te stoor nie.

“Ek is bevrees die ruimte is nie genoeg nie. 'n Mens wil nie kla nie, maar as ek eerlik moet wees, verkies ek dit buite. Daar kon kliënte ons ook beter sien, terwyl hulle nou sukkel om te weet waar hulle moet gaan. Ons verkies nou eerder om buite te sit en van daar af te verkoop," het een van die handelaars, me. Evelina Shigwedha, gesê.

Me. Selma Dirks, wat al meer as vier jaar 'n handelaar is, sê sy waardeer dit om in beter omstandighede te werk.

“Die enigste probleem wat ek met die mobiele stalletjies het, is ons word steeds vreeslik aan die son blootgestel.

“Daar is ook sekere handelaars wat nie geregistreer is nie en nie die maandelikse huur betaal nie en bloot op die perseel opdaag en begin verkoop,” het Dirks gesê.

Benewens die jaarlikse registrasiegeld van N$420, betaal handelaars ook maandelikse huur van N$100, wat volgens hulle billik is.

Volgens Dirks het hulle ook ablusiegeriewe waarvoor hulle N$2 per keer betaal vir die instandhouding van die geriewe, waarvoor sy verantwoordelik is.

Volgens die munisipaliteit se skakelbeampte, me. Dawn Kruger, gee die departement van gesondheid toestemming aan alle informele handelaars om op 'n spesifieke plek handel te dryf.

“Al die handelaars wat tans in mobiele stalletjies is, is geregistreer. Die res van die mense het spesiale toestemming gekry om daar te werk,” het sy gesê.



GEEN ELEKTRISITEIT

Die meeste handelaars was ook onder die indruk elektrisiteit sou voorsien word om omstandighede makliker te maak, maar volgens Kruger was dit nooit bespreek nie.

“Die enigste ding wat ons gedoen het, was om saam met GIZ te werk en daardie mobiele stalletjies op te rig. Daar was geen sprake dat ons elektrisiteit sou verskaf nie,” het sy gesê.

Die munisipaliteit het sedertdien belowe om die handelaars persoonlik te betrek en hul bekommernisse te bespreek.

[email protected]

Soortgelyk

 

Minister vra verligting vir boere

15 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – Die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, het die Nasionale Vergadering (NV) gister versoek om aan boere grondbelastingverligting van...

Verdediging terug onder OG se skoot

15 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – 'n Spook-attaché in Kinshasha wat vergoed is en belastinggeld wat gebruik is om salarisse by August 26 te betaal, is van die...

Weer vir 21 Oktober 2021

15 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie van meer as 50 mm kan in die oostelike dele van die ||Kharasstreek voorkom.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde donderbuie in...

Saara sien lig in korrupsietonnel

15 ure gelede | Misdaad

Die inhoud van Namibië se nuwe konsepplan teen korrupsie vir 2021-'25 bevat volgens eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila talle positiewe tekens dat hierdie vyand van ­welvaart...

Dippenaar-verhoor hervat in Julie 2022

15 ure gelede | Howe

Adolf Kaure in Swakopmund – Na twee dae se getuienis is die verhoor waarin mnr. Jandré Dippenaar op ses klagte van moord tereg staan, gister...

Kalkrand oorleef op druppels

15 ure gelede | Maatskaplik

Augetto Graig – Die klein en arm gemeenskap van Kalkrand moet al bykans drie weke lank met net druppels water oor die weg kom nadat...

Reën kan tot môre duur

15 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Namibiese weerkantoor het ‘n waarskuwing uitgereik dat wydverspreide donderbuie vandag (Donderdag) in die oostelike dele van die ||Kharasstreek kan voorkom, wat...

Regter roskam ‘homofobiese’ ministerie

15 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Hoërhofregter Thomas Masuku het die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit se “diskriminasie teen selfdegeslagpaartjies” veroordeel. Toe hy in sy...

Sterftekoers onder swanger vroue te hoog

15 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Hoewel belangrike vooruitgang met 'n afname van 40% in die sterftekoers vir swanger vroue en pasgebore babas die afgelope twee dekades gemaak...