Informante beloon
Ná wenke van die publiek is drie vermeende renosterstropers vroeg in Junie by Khorixas in hegtenis geneem en aangekla.
Francoise Steynberg - Die nieregeringsorganisasie Help our rhinos now Namibia (HoRN.nam) het Vrydag op Outjo 'n beloning van N$10 000 aan gemeenskapslede betaal wat inligting verskaf het wat gelei tot die inhegtenisneming van drie vermeende renosterstropers by Khorixas in die Kunenestreek.
Mnr. Jaco Muller van HoRN.nam sê hy is trots op die spanwerk tussen die publiek, die Namibiese polisie, die teenstropingseenheid van die ministerie van die omgewing en toerisme en die Red die Renostersfonds (SRT) wat tot die suksesvolle inhegtenisneming van die drie vermeende stropers gelei het.
HoRN.nam het voorheen ook al belonings aan informante uitgereik en is in 2014 gestig om bewustheid oor renosterbewaring te skep en pogings te koördineer om renosters in Namibië te beskerm.
Volgens Muller is dié drie vermeende stropers is in hegtenis geneem ná inligting van lede van die publiek dat hulle naby die plaas Mesopotamie in Khorixas afgelaai is om glo renosters te stroop.
Die drie verdagtes het vroeg in Junie in die hof op Khorixas op klagte van die jag van beskermde wild, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en die sameswering om 'n misdaad te pleeg, verskyn.
Tydens dieselfde geleentheid het die uitvoerende hoof van die SRT, mnr. Simson Urikhob, klere ter waarde van N$29 000 aan die teenstropingseenheid oorhandig.
Muller sê hy dink dit is belangrik dat alle lede van die publiek en gemeenskappe hulle uitspreek oor wildmisdaad en dat hulle beloon word.
"HoRN.nam is toegewy daaraan om Namibië se renosters te red. Enigiemand van die publiek wat inligting gee wat sal lei tot die inhegtenisneming van renosterstropers sal deur HoRN.nam beloon word."
Enigiemand met inligting oor renosterstropery kan mnr. Christopher Munwela, adjunkdirekteur van parke en wildlewe in die Noordweste (Kunene- en Erongostreek), by 081 166 0462 skakel of vir HoRN.nam per e-pos by [email protected] kontak.
Skenkings van die publiek vir die toekomstige betaling van belonings kan in die volgende bankrekening inbetaal word: HoRN.nam, First National Bank, rekeningnommer 622 518 113 55, Otjiwarongo-takkode: 280-673.
Volgens die ministerie van die omgewing en toerisme se statistieke is altesaam 18 renosters al vanjaar in die land gestroop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie