Inflasie: Nuus goed, maar nie goed genoeg
Kerninflasie, wat kos, brandstof en krag uitsluit, het in Desember tot onder die middelpunt gedaal en beloop nou 4,2%.
Hanlie Stadler
Die inflasiekoers was in Desember 4,7% en die gemiddelde inflasiekoers vir 2017 was 5,3%, het Statistieke Suid-Afrika (SSA) pas bekend gemaak.
Die inflasiekoers is effens hoër as November se 4,6%. Tussen November en Desember het pryse met gemiddeld 0,5% gestyg.
Die Desember-syfer beteken inflasie is baie naby aan die middel, 4,5%, van die Reserwebank se teikenband van tussen 3% en 6%. Die Reserwebank het verlede week met die rentekoersaankondiging begin klem lê daarop dat hy die inflasiekoers in die middel wil hê voordat hy dit oorweeg om die rentekoers te verlaag.
Kerninflasie, wat kos, brandstof en krag uitsluit, het wel tot onder die middelpunt gedaal en beloop nou 4,2%. Dié syfer word ook fyn deur die Reserwebank gemonitor omdat dit die wisselvallige elemente wat onder meer deur seisoenale prysstygings beïnvloed word, uitsny.
Provinsiale inflasie wissel van 5,3% in die Wes-Kaap tot 3,3% in Noordwes.
Pensioentrekkers ervaar inflasie van 4,8%.
Kosprysinflasie beloop 4,9%, maar vleispryse het oor die loop van die jaar met 14% gestyg.
Jason Muscat, senior ekonomiese ontleder van FNB, sê die grootste rede vir die hoër inflasiekoers is die skerp styging van 14,2% in brandstofpryse.
Ondanks die hoër wêreldolieprys op die oomblik reken Muscat daar is 'n sterk kans dat brandstofpryse in toom gehou gaan word deur die sterker rand teenoor die dollar.
“Danksy matige brandstofprysverligting dié maand, verwag ons dat Januarie-inflasie weer tot 4,6% sal terugsak.”
Muscat sê inflasie word ook in toom gehou deur swak verbruikersbesteding “en die moontlikheid vir 'n verlaging in die rentekoers word al hoe duideliker. Ons bly egter versigtig om 'n verlaging te voorspel totdat die uitkoms van die Februarie-begroting en Maart se besluit deur Moody's bekend is.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie