Inferno eis 'n lewe

Een persoon is dood en talle gesinne dakloos gelaat in twee afsonderlike brande aan die kus.
Erwin Leuschner
Erwin Leuschner – Ses-en-dertig plakkershutte aan die kus het die naweek tydens twee afsonderlike brande heeltemal afgebrand. Een persoon is dood, terwyl talle gesinne dakloos gelaat is. Streekpolitici wil nou optree, want toegang tot meer brandkrane kan die brandweer se reaksietyd versnel.

“'n Massiewe ramp.” Só het me. Ciske Howard-Smith (IPC), voorsitter van die Erongo-streekraad, Vrydag die reusebrand in Swakopmund beskryf. Sy was in die informele nedersetting DRC om die skade eerstehands te beskou. Sy het ook spoedig noodskuilings georganiseer vir diegene wat geraak is.

“Ons het gevra vir 'n noodvergadering met die stadsraad vandag (Maandag) om strategieë te bespreek sodat voorvalle van hierdie omvang in die toekoms vermy kan word,” het sy gesê.

Volgens die polisie is 33 plakkershutte heeltemal in die brand vernietig. Die oorsaak is glo 'n agtjarige wat saam met sy 15-jarige suster met 'n vuurhoutjie gespeel het. “Hy het 'n vuurhoutjie op 'n speelse manier aangesteek en in die rigting van 'n gasbottelstoof gegooi en die plakkershut het in vlamme opgegaan,” het die polisie se bevelvoerder van gemeenskap­sake in die Erongostreek, insp. Ileni Shapumba, gesê.

Terwyl die seun glo weggehardloop het, het sy suster vergeefs probeer om die brand te blus. “Die eiendom is aansienlik beskadig,” het Shapumba voortgegaan. “Wonder bo wonder is niemand beseer nie.”

Skaars ure ná die Swakopmund-ramp is drie plakkershutte in Walvisbaai tydens 'n ander brandvoorval vernietig. Volgens Shapumba het die brand kort ná middernag in die Kuisebmond-nedersetting plaasgevind. “Die vermoede is dat die brand in die oorledene se plakkershut ontstaan het, aangesien hy glo besig was om te kos te maak toe die brand uitgebreek het,” het Sha­pumba gesê.

Die ­oor­ledene se iden­titeit is nog nie bevestig nie.

“Die waterpunte, veral in die in­formele nedersetting DRC, is skaars en ver uitmekaar,” het Howard-Smith Vrydag gesê. Hoewel die brandweer spoedig op die toneel was, het kosbare tyd om die brand te blus verlore gegaan, aangesien die brand­weerwa 'n ent moes ry om hervul te word.

“Dit is kommerwekkend en dit is belangrik dat ons dié kwessie dringend aan­pak,” het sy bygevoeg. Met meer waterpun­te kan brande, wat 'n ­algemene verskynsel in Swakopmund en Walvis­baai is, vin­niger geblus word voor­dat dit na omliggende eien­domme versprei. “Hierdie is 'n slegte situasie, waar die tye in elk geval baie moeilik is vanweë die Covid-19-pandemie,” het Howard-Smith voorts gesê.

Die Swakopmund-munisipaliteit het vinnig hulp vir die geaffekteerde gemeen­skappe aangebied.

Vrydagmiddag is tente by die Mondesa-sportveld opgeslaan, waar basiese benodigdhede aan die slagoffers beskikbaar gestel is.

“Ek sal dié naweek sop aan die slagoffers voorsien en Maandag hul individuele behoeftes herevalueer,” het Howard-Smith afgesluit.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 410.09/OZ UP +1.35% | Copper US$ 5.01/lb UP +3.47% | Zinc US$ 3 047.50/T DOWN -0.07% | Brent Crude Oil US$ 84.03/BBP UP +0.30% | Platinum US$ 1 080.75/OZ UP +1.80% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 410.09/OZ UP +1.35% | Copper US$ 5.01/lb UP +3.47% | Zinc US$ 3 047.50/T DOWN -0.07% | Brent Crude Oil US$ 84.03/BBP UP +0.30% | Platinum US$ 1 080.75/OZ UP +1.80%