Inentingsveldtog: Tweede fase begin

Eindig 16 April

07 April 2021 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Die tweede fase van die mini­sterie van gesondheid en maatskaplike dienste se immuniseringsveldtog teen Covid-19 het in die distrikte van Swakopmund, Walvisbaai en Windhoek afgeskop. Die betrokke distrikte was op verskillende tye as episentrums van die pandemie in die land geïdentifiseer.

Die immuniserings het begin met 100 000 dosisse van die Sinopharm-entstof wat deur China geskenk is. Namibië het ook 30 000 dosisse van die Covishield (AstraZeneca)-entstof ontvang wat deur die Serum Instituut van Indië geskenk is.

Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie, mnr. Ben Nangombe, het die ministerie 'n plan ontwikkel om mense in dié drie distrikte in lyn met die nasionale ontplooiings- en immuniseringsplan in te ent.

Die nuwe teikengroepe is bykomend tot gesondheidswerkers aan die voorpunt van die pandemie wie se immunisering reeds op 19 Maart afgeskop het. Die tweede fase van die veldtog duur tot 16 April en teiken die volgende groepe – lede van die Namibiese korrektiewe dienste, polisie- en immigrasiebeamptes, alle werknemers by grensposte by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, die Walvisbaaise Internasionale Lughawe asook personeel by die Walvisbaaise hawe, oorgrens-vervoeroperateurs en wat insluit vragmotorbestuurders, langafstandbusbestuurders met permanente verblyf in Namibië, vlieëniers, persone betrokke in die verspreiding van pensioen en ander maatskaplike toelaes, diplomate en joernaliste.

Ander prioriteitsgroepe sluit in alle persone in tronke tussen die ouderdomme van 18 en 65 jaar oud (gepaste reëlings kan met die naaste immuniseringspunt getref word), alle persone in die ouderdomsgroep 60 tot 65 jaar met en sonder onderliggende mediese toestande, geestelike, tradisionele en verkose leiers.



LOGISTIEK EN VERWANTE REëLINGS

Volgens Nangombe sal die beperkte beskikbare aantal dosisse van Covi­shield geprioritiseer word vir gebruik in persone met onderliggende toestande ingesluit gesondheidswerkers en persone tussen die ouderdomme van 60 en 65 jaar.

Die Sinopharm word geprioritiseer vir gebruik in persone sonder onderliggende mediese toestande wat binne die ouderdomskategorie van 18 tot 59 jaar val. Volgens Nangombe is die prioritisering van entstofkeuses noodsaaklik om te verseker dié met die grootste risiko word ingeënt.

“Instellings word aangemoedig om die name van hul werknemers wat in aanmerking vir die immuniserings kom na die onderskeie hospitale met immuniseringspunte te stuur om die proses te versnel,” het Nangombe gesê.

Volgens hom sal dit ook gepaste logistieke en ander verwante reëlings vir immuniserings ondersteun. Hy het beklemtoon positiewe identifikasie word vereis om te verseker die betrokke persoon val in die verwante groepe.

Die immuniseringspunte sluit in die Windhoek Sentrale Hospitaal en Katutura-staatshospitaal in die hoofstad, asook die staatshospitale op Swakopmund en Walvisbaai.

Nangombe het beklemtoon dat immuniserings vrywillig is. Vir meer inligting kan die Covid-19-hulpsentrum by 0800 100 100 of 0851 100 100 of die ministerie by 061 203 2054 gekontak word. – [email protected]

Soortgelyk

 

Heckmair-verhoor verder vertraag

1 uur gelede | Misdaad

Stefan Noechel van die Allgemeine Zeitung berig:Die verhoor van die Amerikaanse beskuldigdes, mnre. Marcus Thomas en Kevin Townsend, wat na bewering in 2011 vir mnr....

Skoolseun in selle oor video van geweld

2 ure gelede | Misdaad

‘n Sewentienjarige seun wat op ‘n video ‘n dogtertjie van vyf aanrand, is in hegtenis geneem.Die video is wyd in die sosiale media versprei en...

Jong dokter verskyn vir verkragting

5 ure gelede | Misdaad

Die leerlingdokter wat vir die beweerde verkragting van ‘n pasiënt by die Katutura-staatshospitaal in Windhoek in hegtenis geneem is, het vanoggend sy eerste verskyning in...

Leerlingdokter verkrag glo pasiënt

17 ure gelede | Misdaad

Tuyeimo Haidula – ’n Manlike leerlingdokter by die Katutura-hospitaal is in hegtenis geneem nadat hy na bewering Sondag ’n pasiënt met kopbeserings verkrag het.Volgens ons...

Bejaardes op Swakop en plaas aangeval, beroof

17 ure gelede | Misdaad

Erwin Leuschner en Ronelle Rademeyer – Drie gemaskerde, ­ge­wa­pen­de mans het gisteroggend by 'n huis in Vineta op Swa­kop­mund in­gebreek en twee vroue aangeval en...

O die donkie, die donkie is ‘n wonderlike ding...

17 ure gelede | Mense

‘Ons korrespondent in die Suide, Elizabeth Joseph, het dié gesin van Snyfontein padlangs raakgeloop met hul hoofvervoermiddel – ’n donkie en ’n karretjie.

Covid-19 teister skole in Hardap

17 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Skole in die Hardapstreek word deur Covid-19 geteister, met drie skole net op Schlip wat aanvanklik hul klasse moes opskort. Die pandemie...

Weer vir Woensdag 14 April

17 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Winderige en bloedig warm toestand duur oor die kus voort, terwyl sandstorms in die Namib voorkom.BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Namibwoestyn met...

Bure help hul buurte skoonhou

17 ure gelede | Infrastruktuur

Augetto Graig – Die gemeenskap van Samora Machel-kiesafdeling is voorlopers in die toepassing van die gemeenskapsgeleide totale sanitasie-inisiatief (CLTS), waardeur hul omgewing vanaf 'n ashoop...