Inentings verpligtend vir marathon-atlete
Inentings verpligtend vir marathon-atlete

Inentings verpligtend vir marathon-atlete

Atletiek
Deelnemers aan vanjaar se Boston-marathon word verplig om ’n bewys van inenting of ’n negatiewe toetsuitslag vir Covid-19 te verskaf voordat hulle in die wedloop mag meeding.
Die Boston Atletiekvereniging (BAA) sê in ’n verklaring alle deelnemers moet aan een van hierdie vereistes voldoen voordat hulle hul beffies afhaal vir die wedloop op 11 Oktober.
Die BAA sê hy werk saam met ’n derde party om atlete te toets minstens 72 uur voor hul wegspringtye.
Enigiemand wat positief vir Covid-19 toets, sal nie toegelaat word om deel te neem nie en hul inskrywingsgeld sal aan hulle terugbetaal word.
Atlete word nie verplig om maskers te dra gedurende die wedloop nie, maar die BAA sê diegene wat op die dag in busse vervoer word of in areas rondom die wedloop rondbeweeg, sal aan plaaslike riglyne onderwerp word.
Die organiseerders het voorheen gesê die Boston-marathon sal weens die coronavirus beperk word tot 20 000 deelnemers of sowat 33% van die getal mense wat gewoonlik in die wedloop meeding.
Die Boston-marathon, wat onder normale omstandighede in April plaasvind en jaarliks sowat 30 000 atlete wêreldwyd lok, is verlede jaar vir die eerste keer sedert 1897 afgelas weens Covid-19.
– Reuters

FOTO
Die Boston-marathon is verlede jaar weens Covid-19 vir die eerste keer sedert 1897 afgelas. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2025-12-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer