Industrialisasie, infrastruktuur in beraad se visier
Die streek stel vir homself baie ambisieuse mikpunte, maar benodig meer projekte wat geld voortbring.
Catherine Sasman - Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se strategie en aksieplan vir industrialisasie van 2015 tot 2063 is een van die sleutelpunte op die agenda tydens dié gemeenskap se 38ste beraad vandeesweek in Windhoek.
Dié strategie is in 2015 aanvaar met die doel om reuse-ekonomiese en tegnologiese verandering op nasionale en streekvlak te bewerkstellig.
Die hoofdoel daarvan is werklike groei van 'n minimum van 4 – 7% per jaar in die streek se bruto binnelandse produk (BBP).
Dit beteken die markaandeel van waardetoevoeging deur vervaardiging (MVA) moet teen 2030 verdubbel tot 30%, en teen 2050 tot 40% van die BBP.
Dit moet die aandeel van bedryfsverwante dienste insluit.
Dit sluit ook 'n styging in die vervaardigingsaandeel van medium- tot hoëtegnologie-produkte in van 30% teen 2030 en 50% teen 2050, asook 'n styging in die uitvoer van vervaardigde produkte tot ten minste 50% van die totale uitvoere teen 2030. Dit is tans minder as 20%.
Die SADC wil sy markaandeel verder in die wêreld- uitvoermark vir gedeeltelik klaarvervaardigde produkte na Oos-Asië tot sowat 60% van sy totale vervaardigingsuitvoere verhoog.
Voorts is dit die streek se doelwit om die aantal werksgeleenthede in die vervaardigingsektor tot 40% van die totale hoeveelheid werksgeleenthede in die arbeidsmark te vergroot.
Dit blyk ook die SADC se meesterplan vir infrastruktuurontwikkeling in die streek (RIDMP) wat teen 2027 voltooi moet wees, sal US$500 miljard kos om uit te voer.
WATER, ELEKTRISITEIT
Die SADC se direkteur vir infrastruktuur, me. Mapolao Rosemary Mokoena, het aan joernaliste gesê baie infrastruktuurprojekte toon nie vordering nie.
In die watersektor is een van die groot projekte die Inga III-hidroëlektrisiteitsprojek wat deur die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) en Suid-Afrika beplan word.
Ander streekprojekte sluit in die derde fase van die hidroëlektrisiteitsprojek in die Lesotho-hooglande, die Batokakloof-hidroëlektrisiteitsprojek tussen Zambië en Zimbabwe, en die Songwe-rivierdeltaprojek vir die opwekking van elektrisiteit uit water.
Verder blyk dit die vraag na elektrisiteit in die streek het gestyg tot 'n gemiddeld van 6,8% in 2015, 2,6% in 2016 en 2,9% in 2017.
Die gesamentlike streekkapasiteit vir kragopwekking is 68 324 megawatt (MW).
Die vermoë in die SADC-streek is meer as 40% van Afrika se totale vermoë, maar krag word steeds hoofsaaklik by steenkoolaanlegte in Suid-Afrika opgewek.
hidroëlektrisiteit, IKT
Makoena sê van 2013 tot 2017 het steenkool se aandeel van 74% tot 60% gedaal, terwyl dié van hidroëlektrisiteit bestendig gebly het op 21%.
Teen die einde van 2017 het die 12 SADC-lande op die vasteland 'n kragopwekkingsvermoë van 67 190 MW gehad. Dit was 2 616 MW méér as die verbruik.
Dié lande beplan om vanjaar nog 4 667 MW se aanlegte in werking te stel, sê sy.
Wat die sektor vir inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) betref, was selfoondekking in die streek in 2012 sowat 70% en het dit gewissel van 20% tot 100% tussen die lidlande. Internetdekking beloop tans maar 4% en wissel van 1% tot 40% tussen die onderskeie lande.
Die SADC se mikpunt is om in 2027 internetdekking van 20% te hê, met 80 – 90% van huishoudings en besighede wat internettoegang moet hê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie