Indongo wil kritici wéér op neuse laat kyk
'n Veel jonger Olimpiese kampioen sal waarskynlik as gunsteling teen die Namibiese veteraan gereken word.
Andrew Poolman
Julius Indongo nader sy 38ste verjaarsdag in Desember, maar het steeds die ambisie om homself en Namibiese boks op die topvlak van die sport te hervestig.
Dié versekering kom van Imms Moses, sy afrigter, wat komende naweek uit Windhoek vertrek om hom vir 'n oefenkamp by die bokser in Amerika te gaan aansluit.
Die datum en opponent vir Indongo, voormalige wêreldtitelhouer van die Wêreldboksvereniging (WBA), Internasionale Boksfederasie (IBF) en Internasionale Boksorganisasie (IBO), se volgende geveg is vandeesweek bevestig.
Indongo kom op 27 November in Hollywood, Florida, teen Kazakstan se gedugte Daniyar Yeleussinov te staan, met die IBF se interkontinentale weltergewigtitel wat op die spel sal staan.
Yeleussinov het die 2016 Olimpiese Spele in Rio se weltergewigklas oorheers en het die goue medalje gewen sonder om 'n enkele ronde te verloor – insluitend teen Brittanje se gedugte Josh Kelly.
Vandat die Kazak in 2018 onder promotor Eddie Hearn die beroepsport betree het, staan sy rekord op 9-0 (5 uitklophoue), met sy blitsige, afgeronde styl wat met dié van Floyd Mayweather en Vasyl Lomachenko vergelyk word.
“Ek bedank Indongo dat hy die uitdaging aanvaar het. Hy is 'n gewese wêreldkampioen en sal opdaag met venynige bedoelings. Dit sal 'n aanskoulike geveg wees, maar ek sal aan Indongo en die kykers wys dat ek die beter vegter is,” het die 29-jarige inwoner van Miami volgens Matchroom Boxing gesê.
Die geveg in November sal die Namibiër se eerste as weltergewig (66.68 kg) wees, nadat hy sy ganse loopbaan sover as junior weltergewig (63.5 kg) baklei het.
Die Namibiese vegter (23-2, 12 uitklophoue) bevind hom sedert Maart vanjaar in Tuscaloosa, Alabama, waar hy by die gimnasium van die gewese swaargewigkampioen Deontay Wilder oefen.
“Sedert Maartmaand is ons daagliks in kontak. Indongo het nog nooit opgehou oefen nie en is in uitstekende kondisie. Hierdie geveg teen Yeleussinov was reeds vir April bespreek, voor dit (weens Covid-19) gekanselleer moes word.
“Nou, in samewerking met die promotors Lou diBella en Eddie Hearn, is Indongo vasgeknoop vir 'n voorgeveg vir hierdie DAZN-promosie,” sê Moses.
Indongo was van einde 2016 tot 2017 wêreldkampioen danksy opspraakwekkende oorwinnings teen Eduard Troyanovsky (in Moskou) en Ricky Burns (in Glasgow).
In sy supergeveg teen die meesterlike WBC-kampioen Terence Crawford in 2017 is hy uitgeslaan en die volgende jaar het Regis Prograis hom ook in 'n WBC-uitdungeveg oordonder.
Die Namibiër het in 2019 net een keer geveg, hoewel Carltavius Johnson (4 gewen, 1 verloor) as babakos beskryf kan word en in die tweede ronde uitgeslaan is.
“Indongo het net hierdie twee nederlae op sy rekord, beide teen wêreldkampioene. Hy tel steeds as een van die groot honde,” sê Moses.
“Sy opskuif in gewigsklas is natuurlik en hy is gemaklik daarmee. Hy is immers 'n lang man, steeds een van die langstes op weltergewig ook.”
Volgens Matchroom Boxing het Indongo gesê: “Daniyar is 'n begaafde bokser en bekroonde Olimpiër, maar ek skrik vir niemand en my vaardighede sal vir hom ook 'n uitdaging wees. Ek voel my vaardighede en kondisionering het baie verbeter vandat ek in Amerika oefen.
“Ek besef die belangrikheid van hierdie geveg. 'n Oorwinning sal die deure open wat ek nodig het om weer wêreldkampioen te word, hetsy op
140 of 147 pond. Ek moet net wen, punt.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie