Indonesië vier 72 jaar van onafhanklikheid

Francoise Steynberg
Indonesië het op 17 Augustus hul 72ste jaar van onafhanklikheid herdenk. 'n Vlaghysseremonie is deur die Indonesiese ambassadeur in Namibië, mnr. Eddy Basuki, by die ambassadewoning gelei wat deur al die Indonesiese personeel en burgers bygewoon is. Daarna is Indonesiese ryskoek, of tumpeng, volgens tradisie as simbool van dankbaarheid en herdenking deur die ambassadeurspaar gesny. Twee weke gelede het die ambassade ook 'n sportdag ter viering van onafhanklikheid aangebied. Foto's verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-07-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer