Indonesië Vier 71 jaar
Die Indonesiese ambassade in Namibië het verlede Dinsdagaand die land se 71ste onafhanklikheidsvieringe in Windhoek gevier. Die nuwe ambassadeur, mnr. Eddy Basuki (middel), wat sedert Mei in Namibië is, het gesê Indonesië herdenk ook vanjaar ’n kwarteeu se uitstekende diplomatieke betrekkinge met Namibië. “Ek verstaan nou waarom mense sê Namibië is die mooiste land in die wêreld. Goeie nuus is dat Indonesië visumvereistes laat vaar het ten opsigte van Namibiërs wat vir 30 dae in my land wil reis,” het hy gesê. Die regering van Indonesië het verlede jaar 16 Namibiese joernaliste op ’n mediatoer genaamd “Wonderful Indonesia” geneem. Die sny van die tradisionele ryskoek deur die ambassadeur se vrou, me. Komalasari Basuki (links), het in die teenwoordigheid van dr. Peya Mushelenga, die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, plaasgevind. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie