Indië skenk rys
Indië het meer as 'n duisend ton rys aan Namibië vir voedselhulp aan gemeenskappe in droogtegeteisterde gebiede geskenk. Altsaam 20 328 vyftigkilogramsakke is in 42 vraghouers na Namibië verskeep. Dit sal in verskeie droogtegeteisterde streke soos Khomas, Erongo, Kunene, Otjozondjupa en Oshikoto versprei word. Die hoë kommissaris van Indië in Namibië, mnr. Kumar Tuhin (regs), het die rys aan die adjunkminister in die kantoor van die eerste minister, Chief Samuel Ankama (links), by die direktoraat van noodrisikobestuur oorhandig. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie