Indeks wys twyfel oor SA beleid neem toe
Die warboel op senior vlakke in die Suid-Afrikaanse regering is 'n bron van kommer.
Die een groot kwessie wat onsekerheid oor beleid vererger, is al die skommelinge op senior vlak in die staatsdiens.
So sê prof. Raymond Parsons, ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se sakeskool.
Dit behels nie net die vervanging van ministers nie, maar ook van direkteurs-generaal.
“Navorsing toon 216 direkteurs-generaal is die afgelope vyf jaar afgedank, geskuif of geskors. Die verhouding tussen 'n direkteur-generaal en 'n minister duur dus tipies minder as 'n jaar.
“Dit skep nie net beleidsonsekerheid nie. Dit dui ook op beleid wat nie toegepas word nie en swak dienslewering,” sê hy in 'n verklaring.
“Nou is daar weer gerugte van 'n kabinetskommeling.
“Die onstabiliteit op senior vlak in die staatsdiens en die kabinet het die land duur te staan gekom.”
Suid-Afrika het sedert Desember 2015 al vier ministers van finansies gehad en die markte het elke keer heftig gereageer.
Parsons sê daar moet nie net aanvaar word dat daar groter beleidsekerheid gaan wees ná die ANC se verkiesingskongres in Desember nie.
“Dit is moontlik dat die ANC se struwelinge nie op dié kongres uitgesorteer gaan word nie en daarná sal voortduur.”
Parsons is die medesamesteller van die sakeskool se beleidsonsekerheidsindeks (PUI).
Dié indeks word kwartaalliks gepubliseer.
Die PUI het vir die derde kwartaal, wat Donderdag bekend gemaak is, tot 53,6 punte gestyg.
Dit is hoër as die 53,1 van die tweede kwartaal en aansienlik hoër as die beste punt tot dusver van 38,8 punte in die vierde kwartaal van 2016.
Enige punt bo 50 weerspieël groter onsekerheid.
Die indeks is aan die begin van 2016 bekend gestel.
Die samestellers kyk na beleidsonsekerheid waaroor daar in die media berig word, 'n peiling onder ekonome oor onsekerheid in die ekonomie en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se peiling onder vervaardigers se siening oor die politiek en beleid. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie