Indeks wys op knelpunte
Uitslae van die nuwe Ibrahim-indeks oor Afrikabestuur onderskraag waarnemings dat deursigtigheid en verantwoording ondanks die regering se beloftes min praktiese uitlewing oplewer.
Namibië se punt vir optrede teen misbruike deur openbare beamptes het die afgelope dekade met 28,6 persentasiepunte versleg. Teenkorrupsiemeganismes (-12,6) het ook verswak.
Hoewel Namibië oorhoofs goed op die vasteland presteer – die land beklee algeheel die vierde plek – flikker daar etlike rooi ligte.
Toppunte is vir die onafhanklikheid van die regbank en aspekte oor vrede toegeken. Tog is daar op baie gebiede dringende aandag nodig om Namibië se prestasie te verbeter.
Die indeks wys onder meer kommer oor die begrotingsbalans, werkloosheid en perke op sakelui en buitelandse beleggers. Minder as 'n derde van inwoners is tevrede met die tempo van werkskepping.
Die afwesigheid van mededingende tenderprosesse is een faktor wat 'n gesonde sake-atmosfeer benadeel.
Namibië het sedert 2007 minder veld as Suid-Afrika verloor wat deursigtigheid en verantwoording betref (-7,7 teen -14,3), asook die veiligheid van eiendomsregte (-13,3 teenoor -18,8), maar laasgenoemde aspek wek dus in oorde toenemende kommer.
Ander gebiede waarop die indeks swakker prestasies rapporteer, is toegang tot openbare inligting, misdaad, persoonlike veiligheid en tevredenheid met gesondheids- en onderwysdienste.
Die Harambee-voorspoedplan sal baie meer moet vermag om dié gety te keer.
So sê ander
30 Oktober 2018
Harvesting hate
Learn from others' mistakes. You can see the toll a mistake takes and avoid the error without having to go through the pain yourself.
In the United States, there have been two sets of attacks that clearly show political motivation.
You can argue that both of the attacks were committed by individuals with mental issues. At same time, both of the suspects have clearly been radicalized by the state of politics in the United States.
The attackers in both cases are parroting the kind of terms that even the U.S. president uses now: “fake news,” the media as “enemies of the people,” along with the growing amount of anti-Semitic and anti-immigration rhetoric that inflames without informing.
There's another piece of advice worth keeping in mind: “They that sow the wind, shall reap the whirlwind.”
Let's not sow that wind here.
• THE WESTERN STAR

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie