In volle blom
Yolanda Nel – Of jy romanties wil wees, of as jy in die sop is by iemand en graag weer in hul goeie boekies wil kom – blomme maak alles beter.
Die krag van blomme is selfs in ‘n liedjie vervat. Pieter Smith sing “vir jou sal ek blomme koop, tot my geld opraak”, en dit spreek boekdele.
Om seker te maak geliefdes word ekstra bederf, kan Windhoekers na ‘n heerlike blommemark uitsien wat binnekort plaasvind.
“Om blomme in die aand te koop, is so romanties,” sê Sandra van Zyl van Kaapse Tafel.
En ná die goeie reën in die Kaap is ‘n groot verskeidenheid proteas beskikbaar.
Daar sal ook lekker kos en heerlike wyn wees.
Die Wonki Ware-reeks sal ook by die geleentheid beskikbaar gestel word.
Die aandmark vind vanaand (27 Julie) van 17:00 tot 20:00 by Kaapse Tafel in Eros plaas.
Op 28 Julie kan blommeliefhebbers na ‘n heerlike werkwinkel uitsien.
“Hier sal die basiese versorgingstegnieke bespreek word,” sê Sandra.
Deelnemers sal geleer word hoe om blommekrone te maak, asook staanbosse (??).
“Gaste sal ook sien watter moeite boere doen wanneer hulle die blomme aflewer,” sê sy.
Die werkwinkel is gratis, vind by die Kaapse Tafel by Ferreiras-kewekery plaas, en gaste betaal net vir dié blomme wat hulle gebruik.
Kaapse Tafel het ook ‘n groot kompetisie wat tot die einde van die jaar voortduur.
Indien jy blomme by Kaapse Tafel koop, moet jy jou strokie met jou kontakbesonderhede in ‘n boks gooi.
Op 1 Desember sal een gelukkige wenner blomme vir ‘n jaar wen. Vir 48 weke lank sal blomme elke week by die wenner afgelewer word. Dié prys is N$15 000 werk.
Vir meer inligting, skakel Kaapse Tafel by 081 420 3009.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie