In tere herinnering aan Ina Di Michele
JOHNÉ LOUW SKRYF:
In Januarie 2004 het ek begin sanglesse by Ina neem.
Sy was toe nog 'n dosent by die College of the Arts. In daardie jaar het sy my voorberei vir onder meer die Concerto Fees wat elke jaar deur die College of the Arts aangebied was. Dit was vir my vreeslik opwindend omdat ek saam met die nasionale simfonie-orkes kon optree.
In 2005 begin ek privaat lesse by haar neem by haar sangskool, die Windhoek School of Singing. Hier het ek en sy baie trane gestort, intieme gesprekke met mekaar gehad en ook baie verskille gehad. Saterdae en party Sondae was my tyd vir lesse.
In 2008 sing ek die Performers Certificate-eksamen aan die Trinity Guildhall College in London en slaag dit met onderskeiding. Ina was bitter trots op my.
Ons het lang ure en soms laat nagte ingesit en elke nou en dan moes ek maar vroeër huis toe gaan wanneer sy agtergekom het ek ken nie my musiek nie (lag).
Sy het die oulikste en mees komiese sêgoed gehad. Altyd tong-in-die-kies en soms vreeslik sarkasties.
Sy het geen nonsens van enigiemand gevat nie en het ook nie 'n moordkuil van haar hart gemaak nie. Sy het nie doekies omgedraai nie.
Daar was 'n bordjie wat teen een van die mure in haar tuin gehang het wat gesê het: “Dis hier, in die stilte waar ek my God ontmoet”. Sy was ook 'n mens met baie diepte.
Ina het 'n baie groot impak op my lewe gemaak. Sy het my baie motiveer en laat glo dat daar niks in die wêreld is wat ek nie kan bereik deur hard te werk nie. Sy het my hard gedruk want sy't geweet dat sy net die beste resultate uit my kon kry wanneer sy streng was. En glo my, dit hét gewerk.
Haar moederhart was oop vir elke student wat by haar les geneem het.
Soos Ina, is ek ook 'n sopraan. Ina het 'n engelstem gehad. Sy kon 'n hoë noot sonder moeite aanvat en ek het haar baie daarvoor bewonder.
Ek het baie kere vir haar gevra om my arias heeltemal klaar te sing, want ek het dit op band opgeneem. By die huis het ek agter toe deure gesit en net na haar stem geluister. Dit was hemels - hoendervleismooi.
Haar huis was vol mooi en interessante goed. Kunstig, enig in Ina se soort. Van 'n winkelpop wat by die deur gestaan het met 'n serp om die nek, 'n hoed op die kop en rooi lippe tot die mooiste tuin.
Sy het die heerlikste soppe in die winter gemaak. En bewaar jou siel as jy by haar aankom en jy het nie 'n serp om jou nek nie, want jou stem moes warm bly.
Wanneer jou les klaar is, mag jy omtrent glad nie praat nie. “Jou stembande moet rus.”
Tot vandag wanneer ek optree, onthou ek in my agterkop wat sy altyd vir my gesê het: “Johné, onthou borskas uit, knyp daai boudjies tot dit brand en sing tot jy dit in jou baarmoeder voel.”
Dit was Ina.
Hoe sal ek ooit die donkerkop nooi met haar unieke kopbande, groot donkerbrille en eksentrieke oorbelle kan vergeet.
Dankie Ina, dat jy jouself met my en soveel ander sangeresse en sangers kon deel. Dankie dat jy jou passie en kennis van klassieke musiek so onselfsugtig aan ons kon oordra.
Mag jou siel in ewige vrede rus en mag jou stem weergalm in die strate van die hemel.
Tot ons weer ontmoet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie