In die wolke op sy verjaardag
Tanja Bause – Twaalf bejaardes het op 1 Januarie met ’n Huey-helikopter oor Swakopmund gevlieg.
Dit is moontlik gemaak deur Helixtract en Kanaal 7. Mense moes hulle name en identiteitsnommers na die radiostasie stuur en die 12 oudste inskrywers het die vlug gewen.
Mnr. Willem Basson (80) was nie net die oudste passassier aan boord die vlug nie - Nuwejaarsdag is ook sy verjaarsdag. “Dit is die grootste verjaardagpresent. Ek het al baie gevlieg, maar nog nooit in ‘n helikopter nie. Ek het nie gedink ek sou dit ook beleef nie,” het Basson voor die vlug gesê.
Sy dogter, me. Theresa Malan, het van die kompetisie op die radio gehoor en haar pa se besonderhede ingestuur. Basson bly in Pretoria en besoek tans sy kinders in Namibië.
Na die 20-minute vlug oor die see en Swakopmund was Basson se vreugde groot.
“Dit was ongelooflik lekker. Ek skryf sommer nou al weer in vir volgende jaar se vlug. Ek hoop nie dit is die laaste keer wat ek in ’n helikopter vlieg nie,” het hy gesê.
Helixtract bied aan vakansiegangers vlugte in hulle Huey-, Cayuse- en Bell-langafstandhelikopters. Die helikopters is by Swakopmund Lughawe en sal nog tot 7 Januarie belangstellendes die geleentheid gee om die woestyn en die see vanuit die lug te sien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie