In die voetspore van die volksmoord
Akademikus skryf oor oorlewendes se persoonlike ervarings.
Yochanaan Coetzee - Hoewel heelwat boeke oor die Nama- en Herero-volksmoord beskikbaar is, is daar ’n tekort aan literatuur wat die menslike verhale vertel van diegene wat die tragedie self meegemaak het.
Juis om hierdie rede het dr. Rukee Tjingaete, bekende akademikus, onlangs sy nuwe boek, The weeping graves of our Ancestors, bekend gestel.
Die bekendstelling is deur kenners en onder andere mnr. Nahas Angula, voormalige eerste minister, bygewoon.
Heelwat emosies en debat oor die volksmoord van 1904 tot 1908, sy nagevolge en die kwessie van vergoeding, is ontlok.
“EK wil die skrywer met die bekendstelling van hierdie historiese verhaal gelukwens en hom vir sy deursettingsvermoë, dapperheid en kreatiwiteit prys. Ons het meer literatuur nodig en verhale wat ons geskeidenes ondersoek en lewendig hou sodat ons dit aan die nageslag kan oordra,” het hy gesê.
Die boek volg mense se ervarings voor, gedurende en ná die volksmoord.
“Ek het na die plekke gereis waar voorvalle plaasgevind het en met die mense gepraat wat deur die volksmoord geraak is om te probeer verstaan hoe ’n volk wat met uitwissing gedreig is, vorentoe kan beweeg en hoe hulle met die emosionele en praktiese gevolge daarvan saamleef,” het Tjingaete gesê.
“Ek glo die boek kan die gesprek tussen Duitsland en Namibië bevorder en die hedendaagse Duitse publiek ’n beter idee gee van hoe pynlik die geskiedenis is wat Namibië en Duitsland deel.”
Dr. Heiner Naumann, direkteur van die Friedrich Ebert Stiftung (FES), was een van die gassprekers by die geleentheid en het gevra alle belanghebbendes moet by die gesprek oor herstel betrokke raak.
“Die Duitsland van vandag is nie die Duitsland van 100 jaar gelede nie. Ek glo die grootste deel van die Duitse parlement en bevolking veroordeel die misdade van die Duitse ryk en ondersteun die herstel daarvan.”
Naumann het gesê so ’n ernstige gesprek moet nie deur tyd of koste beperk word nie, en dat ooreenkomste tussen Duitsland en sy Europese bure moontlik was oor vergoeding ná die Twee Wêreldoorlog.
“Dié onderhandelinge is deur die staatshoof begin en ondersteun en het nie baie lank gevat nie. In geen geval was dit langer as ’n jaar nie,” het hy gesê.
Vir meer inligting oor The weeping graves of our Ancestors, kontak die skrywer by [email protected] of by 081 458 4578.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie