In beheer van ons lugruim
Tanja Bause – Gister is die internasionale dag van lugverkeerleiers gevier.
Omtrent 60 000 vliegtuie maak jaarliks van die Namibiese lugruim gebruik, wat duisende lewens lugverkeerleiers se verantwoordelikheid maak.
Namibië het tussen 50 en 60 lugverkeerleiers op ses lughawens in die land. Die Eros- lughawe in Windhoek hanteer gemiddeld 180 vliegtuie per dag en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako 80 vliegtuie per dag.
“In die oggend het ons baie vliegtuie wat opstyg, gedurende die dag het ons vliegskole wat oefen en later in die dag het ons baie vliegtuie wat kom land,” het mnr. Mikhail Manetti gesê.
Namibië het van die modernste en mees gesofistikeerde waarnemingstoerusting in die wêreld. Die hoofsentrum is by die Eros-lughawe geleë.
“Elke lugverkeerleier het sy eie lugruim waarvoor hy of sy verantwoordelik is. Die mense wat in die toring sit, beheer die vliegveld. Dan is daar die persoon wat verantwoordelik is vir die benaderingbeheer in ''n 80 kilometer radius om die Hosea Kutako-lughawe en die mense wat verantwoordelik is vir die radar- of waarnemings-beheerstelsel,” het Manetti gesê.
Mnr. Noel Kröhne is in beheer van die radarsisteem.
“Ek is verantwoordelik vir elke vliegtuig wat die Namibiese lugruim bo 15 duisend voet binnevlieg totdat dit ons lugruim weer verlaat. Dit is gemiddeld sowat 120 vliegtuie per dag,” het hy gesê.
“Lugverkeerleiers het vyf doelwitte. Ons moet botsings tussen vliegtuie en botsings tussen vliegtuie en struikelblokke op die grond voorkom. Ons moet informasie en advies gee om doeltreffende beweging van vliegtuie te verseker en ons moet die owerhede inlig oor vliegtuie wat in nood is en dalk redding benodig. Ons laaste doelwit is om ''n ordentlike vloei van lugverkeer te verseker,” het Manetti gesê.
Volgens hom is daar te min lugverkeerleiers in die land en hy moedig mense aan wat goed in wiskunde en wetenskap is om dit as ''n loopbaan te oorweeg.
“Ek is baie trots dat ek ''n bydrae kan lewer tot die veiligheid van ons lugruim en ek deel daarvan is dat ons land so ''n goeie veiligheidsrekord het,” het Manetti gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie